Logo de l'Aplicació de la Bíblia
Icona de cerca

Psalms 129

129
1’n Lied vir die opgaan na die feeste. Hulle het my onderdruk van my jeug af; laat Yisra’el dit sê:
2“Baie keer het hulle my onderdruk van my jeug af, tog het hulle nie staande gebly teen my nie.
3Hulle het op my rug geploeg, hulle vore lank gemaak.
4יהוה is regverdig, Hy sal die bande van die bose afkap.
5Laat hulle wat Tziyon haat, beskaamd staan en terugdraai.
6Laat hulle wees soos gras op die dakke wat uittrek en verdroog as die wind dit tref,
7waarmee die maaier nie sy hand vul nie en die gerwebinder nie sy arm nie.”
8Ook sê die wat verbygaan nie: “Die seën van יהוה oor julle! Ons seën julle in die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה,” nie.

S'ha seleccionat:

Psalms 129: PWL

Subratllat

Copia

Compara

Comparteix

None

Vols que els teus subratllats es desin a tots els teus dispositius? Registra't o inicia sessió