Logo de l'Aplicació de la Bíblia
Icona de cerca

Psalms 128

128
1’n Lied vir die opgaan na die feeste. Geseënd is elkeen wat יהוה respekvol vrees, wat in Sy lewenswyse leef,
2want jy sal die opbrengs van jou hande eet. Jy sal gelukkig wees en dit sal met jou goed gaan!
3Jou vrou sal wees soos ’n vrugbare wingerdstok in jou huis; jou seuns soos olyfboompies rondom jou tafel.
4Let op, so sal die man wat יהוה respekvol vrees, geseën word.
5יהוה sal jou seën vanuit Tziyon en jy sal die goeie van Yerushalayim sien, al die dae van jou lewe!
6Ja, jy sal jou kinders se kinders en vrede, vreugde, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid oor Yisra’el sien!

S'ha seleccionat:

Psalms 128: PWL

Subratllat

Copia

Compara

Comparteix

None

Vols que els teus subratllats es desin a tots els teus dispositius? Registra't o inicia sessió