Spreuke 9
9
1Wysheid het haar huis gebou en sewe pilare daarin opgestel.
2Sy het haar vee geslag, haar wyn gemeng, ook haar tafel voorberei.
3Sy het haar diensmeisies uitgestuur om op die hoogste plekke uit te roep en te sê:
4“Wie eenvoudig is, laat hom na my toe kom;” vir wie insig kortkom sê sy:
5“Kom, eet van my brood en drink van die wyn wat ek gemeng het;
6laat staan die eenvoudigheid en lewe en gaan op die pad van insig.”
7Teregwysing van ’n spotter bring oneer; die bose word bestraf deur sy eie vlekke.
8Moenie ’n spotter bestraf nie, anders haat hy jou; bestraf ’n wyse en hy sal jou liefhê.
9Gee ’n geleentheid aan die wyse en hy sal nog wyser word; leer die regverdige en hy sal kennis vermeerder.
10Die respekvolle vrees vir יהוה is die begin van wysheid en die kennis aangaande die Afgesonderde is insig, Spr 1:7; 10:27; Ps 111:10
11want deur haar sal jou dae vermeerder word en die jare van jou lewe sal vermeerder word.
12My seun, as jy wys is, is jy wys vir jouself en vir jou vriende, maar as jy bose gedagtes het, sal jy alleen jou booshede dra.
13Hy wat dinge ontken, voed valslik op wind en volg voëls in die lug, want hy het die pad na sy wingerd verlaat en die pad van sy arbeid, om in die wildernis sonder water te loop; in die deurtrapte plekke loop hy dors en bereik niks.
14’n Dwase vrou is uitdagend, sy weet nie wat skaamte is nie, sy sit op ’n hoë stoel by die deur van haar huis.
15Sy roep hulle wat verbygaan, wat reg op hulle paaie loop.
16Sy sê: “Wie eenvoudig is, laat hom na my toe kom!” Vir hulle wat insig kortkom sê sy:
17“Gesteelde water is soet en brood in die geheim geëet, is lekker.”
18Hy weet egter nie dat magtige manne by haar sterf en dat haar gaste in die dieptes van Sh’ol is nie. (Peshitta en LXX bevat die volgende gedeelte) Staan nou op en moenie in daardie plek bly nie, moenie na haar kyk nie en gaan so verby die waters van vreemdelinge, gaan oor ’n vreemde rivier en jy moenie drink van die rivier van vreemdelinge nie. Deur so te doen sal ’n menigte dae en jare by jou lewe gevoeg word.
S'ha seleccionat:
Spreuke 9: PWL
Subratllat
Copia
Compara
Comparteix
Vols que els teus subratllats es desin a tots els teus dispositius? Registra't o inicia sessió
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.