Negemyah 12
12
1Hierdie is die priesters en die Leviete wat saam met Z’rubavel, die seun van Sh’alti’el en Yeshua opgekom het: S’rayah, Yirmeyah, `Ezra,
2Amaryah, Mallukh, Hattush,
3Sh’khanyah, Regum, M’remot,
4`Iddo, Ginnetoi, Agiyah,
5Miyamin, Ma’adiyah, Bilgah,
6Sh’m’yah, Yoyariv, Y’da’yah,
7Salu, `Amok, Hilkiyah en Y’da’yah. Hierdie was die hoofde van die priesters en van hulle broers in die dae van Yeshua.
8Verder, die Leviete: Yeshua en sy seuns, Kadmi’el, Sherevyah, Y’hudah, Mattanyah wat met sy broers in beheer was om die danksegging te begin.
9Bakbukyah en `Unni, hulle broers, was oorkant hulle in die beurte.
10Yeshua was die vader van Yoyakim en Yoyakim was die vader van Elyashiv en Elyashiv was die vader van Yoyada,
11Yoyada was die vader van Y'honatan en Y'honatan die vader van Yadua.
12Die priesterlike hoofde van die vaders in die dae van Yoyakim was: S’rayah, M’rayah, Yirmeyah, Hananyah,
13`Ezra, Meshullam, Amaryah, Y’hoganan,
14M’likhu, Y'honatan, Sh’vanyah, Yosef,
15Harim, `Adna, M’rajot, Helkai,
16`Iddo, Z’kharyah, Ginton, Meshullam,
17Agiyah, Zikhri, Minyamin, Mo’adyah, Piltai,
18Bilga, Shamua, Sh’ma’yah, Y’honatan,
19Yoyari, Matnai, Y’da’yah, `Uzi,
20Sallai, Kallai, `Amok, `Ever,
21Hilkiyah, Hashavyah, Y’da’yah en N’tan’el.
22Wat die Leviete betref, in die dae van Elyashiv, Yoyada, Yoganan en Yadua is die hoofde van die vaders opgeskryf, asook die priesters tot by die regering van Daryavesh, die Persiër.
23Die nageslag van Levi, die hoofde van die vaders, is opgeskryf in die boekrol van die kronieke tot by die dae van Yoganan, die seun van Elyashiv.
24Die leiers van die Leviete was: Hashavyah, Sherevyah en Yeshua, die seun van Kadmi’el, met hulle broers oorkant hulle om te lofprys en te dank, volgens die bevel van Dawid, profeet van יהוה, wagbeurt oorkant wagbeurt:
25Mattanyah, Bakbukyah en `Ovadyah. Meshullam, Talmon en `Akkuv was poortwagters wat wag gehou het by die poorte.
26Hulle was in die dae van Yoyakim, die seun van Yeshua, die seun van Yotzadak, in die dae van Negemyah, die goewerneur en van `Ezra, die priester en skrifgeleerde.
27Toe die muur van Yerushalayim klaar was, het hulle die Leviete bymekaargemaak in al hulle plekke, om hulle na Yerushalayim te bring om die inwyding met vreugde en lofliedere met uitgestrekte hande, met gesang, simbale en harpe te vier.
28Die seuns van die sangers het hulleself bymekaargemaak vanuit die streek rondom Yerushalayim sowel as uit die dorpe van die N’tofatiete,
29uit Beit-Gilgal en uit die valleie van Geva en `Azmavet, want die sangers het vir hulle dorpies rondom Yerushalayim gebou.
30Die priesters en die Leviete het hulleself gereinig en die volk, die poorte en die muur gereinig. Yeg 43-46
31Ek het die leiers van Y’hudah bo-op die muur laat klim en twee groot groepe aangestel en hulle het op die muur geloop na die regterkant van die groot poort toe
32en voor hulle het Hosha’yah en die helfte van die leiers van Y’hudah geloop,
33met `Azaryah, `Ezra, Meshullam,
34Y’hudah, Binyamin, Sh’ma’yah, Yirmeyah
35en van die seuns van die priesters met trompette: Z’kharyah, die seun van Y'honatan, die seun van Sh’ma’yah, die seun van Mattanyah, die seun van Mikhayah, die seun van Sakkur, die seun van Asaf
36en sy broers, Sh’ma’yah, `Azar’el, Milalai, Gilalai, Ma’ai, N’tan’el, Y’hudah en Hanani, met die musiekinstrumente van Dawid, die profeet Hand 2:30 en dienskneg van יהוה; `Ezra, die skrifgeleerde, het voor hulle uitgegaan, bokant die Fonteinpoort
37en oorkant die poort het hulle opgegaan met die trappe van die Dawidstad, by die opgaan van die muur, bokant die huis van Dawid, tot by die groot poort aan die ooste.
38Hulle het die hande uitgesteek in dank en opgegaan met die muur en ek agter hulle. Die helfte van die mense het op die muur opgegaan en by die groot toring gestaan, op die hoë muur tot by die breë muur
39en van bokant die Efraimspoort, sover as die Oupoort tot die Vispoort en vanaf die toring van Hanan’el tot by die groot toring, selfs tot by die Skaapspoort en bly staan by die Grootpoort.
40Toe het die twee groepe wat dank gegee het, die huis van God ingegaan, saam met my en die helfte van die leiers saam met my,
41saam met die priesters: Elyakim, Ma’aseiyah, Minyamin, Mikhayah, Elyo’einai, Z’kharyah en Hananyah;
42en hulle met trompette: Ma’aseiyah, Sh’ma’yah, El’azar, `Uzi, Y’hoganan, Malkiyah, `Eilam en `Ezer, met die sangers, Shamua en Yizragyah, die leier.
43Hulle het ook op daardie dag groot offers gebring en hulle verheug, want יהוה het hulle laat bly wees met groot vreugde; ook die vroue en kinders het hulle verbly sodat die vreugde van Yerushalayim selfs ver weg gehoor kon word.
44Op dié dag is sekere manne aangestel oor die kamers van die koning se stoorkamers, om die offergawes, die eerstelinge en die tiendes van die dorpe daarin bymekaar te maak, soos dit geskryf is in die boek van die wet, vir die priesters en die Leviete omdat die Y’hudahiete hulle verheug het omdat die priesters en die Leviete opgestaan en gewaak het in die huis van hulle God.
45Hulle wat in beheer was van die reinigings seremonie, die sangers en die poortwagters, het gedien volgens die opdrag van Dawid en sy seun, Shlomo,
46want in die dae van Dawid was Asaf in beheer en hy het voor die sangers opgestaan en lofprysinge gesing en dank aan God, met hande uitgestrek, gebring.
47Die hele Yisra’el het in die dae van Z’rubavel en in die dae van Negemyah geskenke aan die sangers en die poortwagters gegee, elke dag, sy deel en afgesonderde dinge opsy gesit vir die Leviete en die Leviete het dit opsy gesit vir die seuns van Aharon.
S'ha seleccionat:
Negemyah 12: PWL
Subratllat
Copia
Compara
Comparteix
Vols que els teus subratllats es desin a tots els teus dispositius? Registra't o inicia sessió
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.