“Let op, die dae kom,” verklaar יהוה, “wanneer die ploeër die maaier sal inhaal en die druiwetrapper die een wat die saad saai; wanneer die berge van nuwe wyn sal drup en al die heuwels hulle verbly.
Ek sal ook My volk Yisra’el uit gevangenskap herstel en hulle sal die verwoeste stede herbou en daarin bly; hulle sal ook wingerde plant en die wyn daarvan drink en tuine aanlê en die vrugte daarvan eet.