Vir die koorleier. Van Dawid. 'n Psalm.
Ek het gesmag na die hulp van die Here.
Hy het na my toe afgebuig
en my hulpgeroep gehoor.
Hy het my uitgetrek uit die put van die dood,
uit die slymerige modder,
my op 'n rots laat staan
en my weer op vaste grond laat loop.