Mga Panaghoy 3:22-46

deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot. Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom. Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra; dit is goed om geduldig te wag op die hulp van die Here; dit is goed vir 'n mens om sy las in sy jeug te dra. Laat hy in sy eensaamheid geduldig bly as God hom die las opgelê het, laat hy hom diep verootmoedig – miskien is daar hoop – laat hy sy wang draai vir wie hom slaan, laat hy maar oorvloedig smaad ondervind. Die Here verstoot 'n mens nie vir altyd nie; as Hy beproewing oor 'n mens gebring het, ontferm Hy Hom weer, want sy liefde is groot: dit is teen sy sin dat Hy mense in ellende en beproewing bring. Dat al die gevangenes in die land mishandel word, dat iemand se reg vertrap word voor die Allerhoogste, dat 'n mens in 'n regsaak veronreg word – die Here sien dit raak! Wie kan iets beplan, en dit gebeur, as die Here nie die bevel gee nie? Is dit nie op bevel van die Allerhoogste dat die kwaad sowel as die goeie te voorskyn kom nie? Wat kla 'n mens oor sy lewe? Hy moet liewer sy sonde oorwin. Laat ons ons doen en late deeglik ondersoek en ons tot die Here bekeer, laat ons met ons hele hart ons hande na God in die hemel uitsteek en bely: “Ons het sonde gedoen en was opstandig; U het nie vergewe nie.” U toorn het ontvlam en U het ons agtervolg, U het 'n slagting aangerig en nie genade betoon nie. U het U met 'n wolk omhul sodat geen gebed na U kon deurkom nie, U het ons die uitvaagsel gemaak, die skuim onder die volke. Al ons vyande rek hulle mond oor ons
KLAAGLIEDERE 3:22-46