Soekresultate vir: self-control
GALASIËRS 5:23 (AFR83)
nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie.
GALASIËRS 5:22 (AFR83)
Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid,
GALASIËRS 5:16 (AFR83)
Wat ek bedoel, is dít: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie.
GALASIËRS 5:24 (AFR83)
Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig.
1 KORINTIËRS 9:25 (AFR83)
Almal wat aan 'n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om 'n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons 'n onverganklike.
1 KORINTIËRS 9:27 (AFR83)
Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie.
1 PETRUS 4:7 (AFR83)
Die einde van alles is naby. Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees, sodat julle kan bid.
1 PETRUS 4:9 (AFR83)
Wees gasvry teenoor mekaar sonder om te kla.
2 PETRUS 1:5 (AFR83)
En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis,
2 PETRUS 1:6 (AFR83)
die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug,
2 PETRUS 1:7 (AFR83)
die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense.
2 PETRUS 1:8 (AFR83)
As julle dit alles besit en dit neem steeds toe, sal julle met ywer en met vrug ons Here Jesus Christus beter leer ken.
2 PETRUS 1:9 (AFR83)
Iemand wat hierdie dinge nie sy eie gemaak het nie, is kortsigtig; nog erger, hy is blind en het vergeet dat hy van sy vroeëre sondes gereinig is.
GALASIËRS 5:17 (AFR83)
Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil, en wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer. Hierdie twee staan lynreg teenoor mekaar, en daarom kan julle nie doen wat julle graag wil nie.
GALASIËRS 5:18 (AFR83)
Maar as julle julle deur die Gees laat lei, staan julle nie meer onder die wet nie.
GALASIËRS 5:19 (AFR83)
Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid,
GALASIËRS 5:20 (AFR83)
afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring,
GALASIËRS 5:21 (AFR83)
afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie.
GALASIËRS 5:25 (AFR83)
Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.
GALASIËRS 5:26 (AFR83)
Ons moenie verwaand wees, mekaar uittart of op mekaar afgunstig wees nie.
1 TESSALONISENSE 5:6 (AFR83)
Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons wakker bly en nugter wees.
1 TESSALONISENSE 5:7 (AFR83)
Dié wat slaap, is van die nag; en dié wat hulle dronk drink, is van die nag.
1 TESSALONISENSE 5:8 (AFR83)
Maar ons wat van die dag is, moet nugter wees; ons moet geloof en liefde as borsharnas dra en die hoop op verlossing as helm.
TITUS 2:11 (AFR83)
Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn.
TITUS 2:12 (AFR83)
Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe,