Soekresultate vir: purity
1 TIMOTEUS 4:12 (AFR83)
Niemand mag op jou neersien omdat jy jonk is nie, maar wees jy vir die gelowiges 'n voorbeeld in woord en gedrag, in liefde, geloof en reinheid.
PSALMS 119:9 (AFR83)
Hoe kan 'n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan u woord!
1 KORINTIËRS 6:19 (AFR83)
Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie:
1 KORINTIËRS 6:20 (AFR83)
julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.
FILIPPENSE 4:8 (AFR83)
Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.
PSALMS 51:10 (AFR83)
Laat my weer blydskap en vreugde belewe. U het my verbrysel; laat my weer jubel.
2 KORINTIËRS 7:1 (AFR83)
Geliefdes, hierdie beloftes is ook vir ons. Laat ons ons dan reinig van alles wat liggaam en gees verontreinig, en ons in gehoorsaamheid aan God volkome aan Hom toewy.
1 TESSALONISENSE 4:3 (AFR83)
Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe. Weerhou julle van onsedelikheid.
1 TESSALONISENSE 4:4 (AFR83)
Elkeen van julle moet weet dat hy met sy vrou heilig en eerbaar moet saamlewe;
1 KORINTIËRS 6:18 (AFR83)
Julle moet niks met seksuele losbandigheid te doen hê nie. Elke ander sonde wat 'n mens doen, vind buite sy liggaam plaas, maar iemand wat seksueel losbandig lewe, vergryp hom aan sy eie liggaam.
EFESIËRS 5:3 (AFR83)
Soos dit gelowiges betaam, moet daar van ontug, onsedelikheid in enige vorm, of gierigheid onder julle selfs geen sprake wees nie.
1 TESSALONISENSE 4:5 (AFR83)
julle moenie deur hartstog en begeerte gedrywe word soos die heidene wat vir God nie ken nie.
1 TESSALONISENSE 4:7 (AFR83)
God het ons nie geroep om onsedelik te lewe nie, maar om heilig te lewe.
1 TESSALONISENSE 4:8 (AFR83)
Wie hierdie voorskrifte verwerp, verwerp dus nie maar net 'n mens nie, hy verwerp God wat ook sy Heilige Gees aan julle gegee het.
2 TIMOTEUS 2:22 (AFR83)
Vermy die begeertes wat 'n jongmens in gevaar bring, en streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede, saam met almal wat uit 'n rein hart die Here aanroep.
PSALMS 119:11 (AFR83)
Aan u beloftes hou ek vas, dit weerhou my van sonde teen U.
1 KORINTIËRS 10:13 (AFR83)
Geen versoeking wat meer is as wat 'n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.
2 KORINTIËRS 10:5 (AFR83)
en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.
GALASIËRS 5:22 (AFR83)
Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid,
GALASIËRS 5:23 (AFR83)
nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie.
GALASIËRS 5:24 (AFR83)
Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig.
FILIPPENSE 4:9 (AFR83)
En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.
KOLOSSENSE 3:1 (AFR83)
Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit.
KOLOSSENSE 3:2 (AFR83)
Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie,
KOLOSSENSE 3:5 (AFR83)
Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle lewe is: onsedelikheid, onreinheid, wellus, slegte begeertes, en gierigheid, wat afgodery is.