Soekresultate vir: praise
1 TESSALONISENSE 5:18 (AFR83)
Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.
PSALMS 139:14 (AFR83)
Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker:
PSALMS 63:3 (AFR83)
Ek wil by U in die heiligdom wees om daar u mag en grootheid te ondervind.
PSALMS 63:4 (AFR83)
U troue liefde is meer werd as die lewe; daarom sal ek U prys.
PSALMS 100:4 (AFR83)
Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam,
HEBREËRS 13:15 (AFR83)
Laat ons dan onophoudelik deur Jesus aan God 'n offer van lof bring, dié lof wat aan Hom gebring word deur die lippe wat sy Naam bely.
FILIPPENSE 4:4 (AFR83)
Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!
FILIPPENSE 4:8 (AFR83)
Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.
KOLOSSENSE 3:16 (AFR83)
Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing.
1 TESSALONISENSE 5:16 (AFR83)
Wees altyd bly.
1 TESSALONISENSE 5:17 (AFR83)
Bid gedurig.
PSALMS 150:6 (AFR83)
Laat alles wat asemhaal, die Here prys! Prys die Here!
1 KRONIEKE 29:11 (AFR83)
Die grootheid, Here, die krag, die glans, die roem en die majesteit behoort aan U, ja, alles in die hemel en op aarde. Aan U, Here, behoort die heerskappy; U is bo almal verhewe.
PSALMS 100:1 (AFR83)
'n Dankpsalm. Juig tot eer van die Here, almal op aarde!
PSALMS 100:2 (AFR83)
Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!
PSALMS 100:3 (AFR83)
Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak en ons is Syne, ons is sy volk, sy eie kudde.
PSALMS 100:5 (AFR83)
want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag.
PSALMS 103:1 (AFR83)
Van Dawid. Ek wil die Here loof, met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof.
PSALMS 103:2 (AFR83)
Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie.
PSALMS 9:1 (AFR83)
Vir die koorleier: op die wysie van “By die dood van die seun”. 'n Psalm van Dawid.
PSALMS 34:1 (AFR83)
'n Lied van Dawid. Hy het hom kranksinnig gehou by Abimelek. Dié het hom weggejaag en hy het padgegee.
JESAJA 25:1 (AFR83)
Here, U is my God! Ek wil U prys en u Naam loof! U het wonders gedoen; dinge wat U lankal besluit het, het U volgens plan uitgevoer.
1 KRONIEKE 29:13 (AFR83)
En nou loof ons U, ons God, ons prys u glansryke Naam,
PSALMS 42:11 (AFR83)
Dit sny deur my hele wese as my teëstanders my spot en dag na dag vir my sê: “En waar is jou God nou?”
PSALMS 63:5 (AFR83)
Ek sal U my lewe lank loof, my hande ophef om u Naam te prys.