Soekresultate vir: mercy
HEBREËRS 4:16 (AFR83)
Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.
JAKOBUS 2:13 (AFR83)
Die oordeel sal onbarmhartig wees oor dié wat nie barmhartigheid betoon nie. Maar barmhartigheid triomfeer oor die oordeel.
KLAAGLIEDERE 3:22 (AFR83)
deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie,
KLAAGLIEDERE 3:23 (AFR83)
dit is elke môre nuut. U trou is groot.
EFESIËRS 2:4 (AFR83)
Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief.
EFESIËRS 2:5 (AFR83)
Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered!
PSALMS 51:1 (AFR83)
Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid, na aanleiding daarvan
EFESIËRS 2:8 (AFR83)
Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God.
TITUS 3:5 (AFR83)
Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee.
LUKAS 6:36 (AFR83)
Wees barmhartig soos julle Vader barmhartig is.”
MIGA 6:8 (AFR83)
Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.
KLAAGLIEDERE 3:24 (AFR83)
Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom.
PSALMS 51:2 (AFR83)
dat die profeet Natan na hom toe gekom het oor sy owerspel met Batseba.
EFESIËRS 2:6 (AFR83)
Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee,
1 TIMOTEUS 1:16 (AFR83)
Maar juis daarom was God my genadig sodat Christus Jesus aan my, as die grootste sondaar, al sy verdraagsaamheid sou betoon en ek 'n voorbeeld kon wees vir almal wat in die toekoms in Hom sou glo om die ewige lewe te verkry.
JAKOBUS 2:12 (AFR83)
Praat en tree dan op soos mense wat geoordeel sal word volgens die wet wat vrymaak.
1 PETRUS 1:3 (AFR83)
Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop
LUKAS 6:35 (AFR83)
Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle 'n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self goed is vir die ondankbares en slegtes.
ROMEINE 9:15 (AFR83)
Vir Moses het Hy gesê: “Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees, en Ek sal My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.”
ROMEINE 9:16 (AFR83)
Dit hang dus nie af van 'n mens se wil of strewe nie, maar van God wat barmhartig is.
HEBREËRS 4:15 (AFR83)
Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie.
SPREUKE 28:13 (AFR83)
Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang.
KLAAGLIEDERE 3:21 (AFR83)
Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop:
PSALMS 103:8 (AFR83)
Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en vol liefde.
PSALMS 103:10 (AFR83)
Hy handel met ons nie volgens ons sondes nie, vergeld ons nie vir ons ongeregtighede nie,