Soekresultate vir: harp

PSALMS 92:4 (AFR83)

om dit te doen met snaarinstrumente, met harp en lier.

PSALMS 150:3 (AFR83)

Prys Hom met die ramshoring, prys Hom met harp en lier!

PSALMS 33:2 (AFR83)

Loof die Here met die lier, speel vir Hom op die harp!

AMOS 6:5 (AFR83)

julle maak liedjies vir die harp, julle dink hulle vir musiekinstrumente uit soos Dawid,

PSALMS 108:3 (AFR83)

ek wil vroeg opstaan, met harp en lier wil ek die rooidag wakker maak!

PSALMS 57:9 (AFR83)

Ek wil vroeg opstaan, met harp en lier wil ek die rooidag wakker maak!

PSALMS 81:3 (AFR83)

Sing, en slaan die tamboeryn, laat hoor die lieflike klanke van die lier en die harp.

PSALMS 71:22 (AFR83)

Dan sal ek U met die harp loof vir u getrouheid, my God, saam met die lier sal ek sing tot u eer, Heilige van Israel.

DANIËL 3:10 (AFR83)

U het 'n bevel uitgevaardig dat enigiemand wat die geluid hoor van trompet, fluit, siter, lier, harp, 'n ander blaas- of musiekinstrument, voor die goue beeld moet buig en dit moet aanbid.

DANIËL 3:5 (AFR83)

Wanneer julle die geluid hoor van trompet, fluit, siter, lier, harp, 'n ander blaas- of musiekinstrument, moet julle buig voor die goue beeld wat koning Nebukadnesar laat oprig het, en dit aanbid.

DANIËL 3:7 (AFR83)

Daarom het al die volke, nasies en taalgroepe, sodra hulle die geluid van trompet, fluit, siter, lier, harp of enige ander musiekinstrument hoor, voor die goue beeld wat koning Nebukadnesar laat oprig het, gebuig en dit aanbid.

DANIËL 3:15 (AFR83)

Nou kyk, dit sal in orde wees as julle bereid is om te buig en die beeld te aanbid sodra julle die geluid hoor van trompet, fluit, siter, lier, harp, 'n ander blaas- of musiekinstrument. Maar as julle hom nie aanbid nie, sal julle dadelik in 'n brandende oond gegooi word, en watter god sal julle uit my mag kan red?”

PSALMS 144:9 (AFR83)

Ek wil tot u eer 'n nuwe lied sing, o God, tot u eer wil ek sing met begeleiding van die lier,

1 KORINTIËRS 14:7 (AFR83)

Dit is net soos met lewelose instrumente wat 'n klank afgee, soos 'n fluit of 'n siter. As daar nie klankverskille is nie, hoe sal 'n mens weet wat op die fluit of die siter gespeel word?

JOB 30:31 (AFR83)

Al wat vir my oorbly, is 'n treurlied op die lier, 'n lied van trane op die fluit.”

PSALMS 57:8 (AFR83)

Ek voel weer veilig, o God! Ek voel weer veilig! Ek wil 'n lied sing, ja, ek wil sing.

PSALMS 81:2 (AFR83)

Jubel tot eer van God ons sterkte, juig tot eer van die God van Jakob!

PSALMS 147:7 (AFR83)

Sing vir die Here 'n danklied, sing tot eer van ons God met begeleiding van die lier.

PSALMS 92:3 (AFR83)

om elke môre van u liefde te getuig, en elke aand van u trou,

JESAJA 24:8 (AFR83)

Die tamboeryne sal nie meer gehoor word nie, daar sal nie meer 'n oeslied wees nie, die lier sal nie meer gehoor word nie.

JESAJA 5:12 (AFR83)

Daar is liere en harpe, tamboeryne, fluite, en wyn by hulle fuifpartye. Maar van wat die Here doen, neem hulle geen notisie nie, sy dade sien hulle nie raak nie.

PSALMS 98:5 (AFR83)

Sing tot eer van die Here met begeleiding van die lier, speel op die lier en sing.

1 SAMUEL 10:5 (AFR83)

Daarna sal jy uitkom by Gibea-van-God waar wagposte van die Filistyne is. Wanneer jy die stad binnekom, sal jy op 'n groep profete afkom. Hulle sal van die hoogte af gaan onder begeleiding van harpe, tamboeryne, fluite en liere, en hulle sal as profete optree.

PSALMS 43:4 (AFR83)

Laat my ingaan na die altaar van God, die God oor wie ek wil jubel en juig, dat ek U kan loof met die lier, o God, my God!

PSALMS 81:1 (AFR83)

Vir die koorleier: met musiek. Van Asaf.