Soekresultate vir: grace
EFESIËRS 2:8 (AFR83)
Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God.
2 KORINTIËRS 12:9 (AFR83)
Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.
EFESIËRS 2:9 (AFR83)
Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.
HEBREËRS 4:16 (AFR83)
Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.
EFESIËRS 2:10 (AFR83)
Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.
ROMEINE 3:23 (AFR83)
Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie,
1 PETRUS 5:10 (AFR83)
God wat alle genade gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hê aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle 'n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak.
ROMEINE 5:8 (AFR83)
Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
ROMEINE 8:1 (AFR83)
Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie.
ROMEINE 12:3 (AFR83)
Kragtens die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het.
EFESIËRS 2:5 (AFR83)
Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered!
TITUS 2:11 (AFR83)
Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn.
TITUS 2:12 (AFR83)
Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe,
EFESIËRS 2:4 (AFR83)
Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief.
ROMEINE 3:24 (AFR83)
maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus.
2 KORINTIËRS 12:10 (AFR83)
Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.
ROMEINE 5:20 (AFR83)
Die wet het bygekom om die oortredinge nog meer te maak; en hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het die genade geword.
EFESIËRS 1:7 (AFR83)
Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God
EFESIËRS 2:7 (AFR83)
sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het.
2 TIMOTEUS 1:9 (AFR83)
Hy het ons gered en ons geroep om aan Hom toegewy te wees. Dit het Hy gedoen, nie op grond van ons dade nie, maar op grond van sy eie besluit en die genade wat Hy van ewigheid af in Christus Jesus aan ons geskenk het.
JAKOBUS 4:6 (AFR83)
Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.”
JOHANNES 1:16 (AFR83)
Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang.
1 KORINTIËRS 15:10 (AFR83)
Maar deur die genade van God is ek wat ek is. Sy genade aan my was nie tevergeefs nie; inteendeel, ek het harder gewerk as hulle almal; eintlik was dit nie ek nie, maar die genade van God wat by my is.
EFESIËRS 2:6 (AFR83)
Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee,
ROMEINE 5:2 (AFR83)
Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God.