Soekresultate vir: Queen
ESTER 4:14 (AFR83)
As jy nóú swyg en daar kom van 'n ander kant af uitkoms en redding vir die Jode, sal jy en jou familie omkom. Wie weet, miskien is dit juis met die oog op 'n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!”
LUKAS 14:15 (AFR83)
Een van dié wat saam aan tafel was, het dit gehoor en vir Hom gesê: “Gelukkig is die man wat aan die maaltyd in die koninkryk van God kan deelneem.”
LUKAS 14:16 (AFR83)
Toe sê Jesus vir hom: “Daar was 'n man wat 'n groot maaltyd gegee en baie mense uitgenooi het.
LUKAS 14:17 (AFR83)
Toe die maaltyd gereed was, stuur hy sy slaaf om vir die genooides te sê: ‘Kom, die maaltyd staan klaar.’
LUKAS 14:18 (AFR83)
Maar hulle begin almal, die een na die ander, verskoning maak. Die eerste sê vir hom: ‘Ek het 'n stuk grond gekoop en dit is noodsaaklik dat ek uitgaan om daarna te kyk. Ek vra u, verskoon my asseblief.’
LUKAS 14:19 (AFR83)
'n Ander een sê: ‘Ek het vyf paar osse gekoop en gaan hulle probeer. Ek vra u, verskoon my asseblief.’
LUKAS 14:20 (AFR83)
Nog 'n ander een sê: ‘Ek is pas getroud, daarom kan ek nie kom nie.’
LUKAS 14:25 (AFR83)
'n Groot menigte het saam met Jesus gereis. Hy draai toe om en sê vir hulle:
LUKAS 14:26 (AFR83)
“As iemand na My toe kom, kan hy nie my dissipel wees nie tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs van sy eie lewe.
LUKAS 14:27 (AFR83)
Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom nie, kan nie my dissipel wees nie.
LUKAS 14:28 (AFR83)
“Wie van julle wat 'n gebou wil oprig, gaan nie eers sit en die koste bereken, om te sien of hy genoeg geld het om die werk te voltooi nie?
LUKAS 14:29 (AFR83)
Anders, as hy die fondament gelê het en nie in staat is om die gebou te voltooi nie, sal almal wat dit sien, met hom die spot begin dryf.
LUKAS 14:30 (AFR83)
Hulle sal sê: ‘Hier is 'n man wat begin bou het maar nie kon klaar maak nie.’
LUKAS 14:31 (AFR83)
“Of watter koning wat met 'n ander koning in 'n oorlog betrokke raak, sal nie eers gaan sit en oorweeg of hy met sy tien duisend man sterk genoeg is om die ander een teen te staan wat met twintig duisend teen hom optrek nie?
LUKAS 14:32 (AFR83)
Anders stuur hy 'n afvaardiging om vredesvoorwaardes te vra terwyl die ander een nog ver is.
LUKAS 14:33 (AFR83)
“So kan niemand van julle my dissipel wees as hy nie bereid is om van al sy besittings afstand te doen nie.”
LUKAS 14:34 (AFR83)
“Sout is 'n goeie ding. Maar as sout verslaan het, waarmee sal dit weer sout gemaak word?
LUKAS 14:35 (AFR83)
Dit is nie eers bruikbaar vir die grond of vir die mishoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Wie ore het om te hoor, moet luister!”
1 KONINGS 10:8 (AFR83)
Hoe bevoorreg is u mense en hoe bevoorreg is hierdie amptenare van u dat hulle gedurig in u diens staan en u wysheid aanhoor!
1 KONINGS 10:9 (AFR83)
Geloof sy u God, die Here, wat aan u soveel liefde bewys dat Hy u op die troon van Israel gesit het! Dit is omdat die Here Israel vir altyd liefhet dat Hy u as koning oor hulle aangestel het om die orde en die reg te handhaaf.”
ESTER 1:9 (AFR83)
Koningin Vasti het intussen ook die vrouens onthaal in die paleis van koning Ahasveros.
ESTER 1:10 (AFR83)
Op die sewende dag, toe die koning baie vrolik was van die wyn, het hy sewe paleisbeamptes geroep: Mehuman, Bisseta, Garbona, Bigta, Abagta, Setar en Karkas.
ESTER 1:11 (AFR83)
Hy het hulle beveel om koningin Vasti, met haar kroon op, na hom toe te laat kom sodat hy vir al die mense, al die hoë amptenare, kon wys hoe mooi sy is. Sy was 'n baie mooi vrou.
ESTER 1:12 (AFR83)
Koningin Vasti het egter geweier om te kom soos die koning haar deur sy paleisbeamptes beveel het. Toe het die koning baie kwaad geword. Hy was woedend
ESTER 1:13 (AFR83)
en het raad gevra by sy adviseurs wat geweet het hoe en wanneer om op te tree, want dit was gebruiklik dat die koning die kenners van wet en reg sou raadpleeg.