Soekresultate
JOHANNES 3:16 (AFR83)
“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.
ROMEINE 5:8 (AFR83)
Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
1 KORINTIËRS 13:4 (AFR83)
Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie.
1 KORINTIËRS 13:5 (AFR83)
Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.
1 KORINTIËRS 13:6 (AFR83)
Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid.
1 KORINTIËRS 13:7 (AFR83)
Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.
LUKAS 6:35 (AFR83)
Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle 'n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self goed is vir die ondankbares en slegtes.
1 JOHANNES 4:8 (AFR83)
Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde.
1 JOHANNES 4:9 (AFR83)
Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê.
1 JOHANNES 4:10 (AFR83)
Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes.
1 JOHANNES 4:19 (AFR83)
Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.
ROMEINE 8:38 (AFR83)
Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte
ROMEINE 8:39 (AFR83)
of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.
2 JOHANNES 1:6 (AFR83)
En liefde beteken dat ons volgens die gebooie van God lewe. Soos julle van die begin af gehoor het, is dit sy gebod dat julle in die liefde moet lewe.
1 JOHANNES 4:18 (AFR83)
Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie.
2 PETRUS 1:7 (AFR83)
die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense.
1 KORINTIËRS 13:13 (AFR83)
En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!
SPREUKE 20:28 (AFR83)
Liefde en trou maak 'n koning veilig; deur liefde staan sy troon sterk.
EFESIËRS 3:19 (AFR83)
Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.
1 JOHANNES 4:16 (AFR83)
En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin. God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom.
2 TIMOTEUS 3:4 (AFR83)
hulle sal verraaiers wees, roekeloos en hooghartig. Hulle sal eerder liefde vir genot hê as liefde vir God.
ROMEINE 13:10 (AFR83)
Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet.
EFESIËRS 4:2 (AFR83)
Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde.
1 KORINTIËRS 16:14 (AFR83)
Laat alles by julle in liefde geskied.
1 TESSALONISENSE 3:12 (AFR83)
En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle.