Soekresultate vir: King

SAGARIA 14:9 (AFR83)

Die Here sal koning wees oor die hele land. Daardie dag sal die Here die enigste God wees, en sy Naam die enigste Naam.

1 SAMUEL 8:6 (AFR83)

Maar vir Samuel was dit verkeerd dat hulle gesê het: “Gee ons tog 'n koning om oor ons te regeer.” Samuel het tot die Here gebid,

1 SAMUEL 8:7 (AFR83)

en die Here het vir hom gesê: “Gee toe aan die versoek van die volk in alles wat hulle van jou vra. Hulle het jóú nie verwerp nie; hulle het Mý verwerp as koning oor hulle.

1 SAMUEL 8:8 (AFR83)

Hulle het nou ook met jou gemaak wat hulle met My gedoen het sedert Ek hulle uit Egipte laat trek het tot nou toe: hulle het My verlaat en ander gode gedien.

1 SAMUEL 8:9 (AFR83)

Gee nou maar toe aan hulle versoek. Stel die saak net baie duidelik aan hulle: sê vir hulle wat die reg van die koning is wat oor hulle sal regeer.”

1 SAMUEL 8:10 (AFR83)

Samuel het al die woorde van die Here oorgedra aan die volk wat van hom 'n koning gevra het.

1 SAMUEL 8:11 (AFR83)

Hy het gesê: “Dit sal die reg wees van die koning wat oor julle sal regeer: julle seuns sal hy vat en party by sy wa en perderuiters aanstel, party om voor sy wa uit te hardloop,

1 SAMUEL 8:12 (AFR83)

party sal hy aanstel as bevelvoerders oor afdelings en onderafdelings van die leër, party om sy lande te ploeg en sy oes in te samel, en party om sy krygstuig en uitrusting vir sy strydwaens te maak;

1 SAMUEL 8:13 (AFR83)

julle dogters sal hy vat om vir hom salf te meng, om vir hom te kook en te bak;

1 SAMUEL 8:14 (AFR83)

julle beste lande, wingerde en olyfboorde sal hy vat en aan sy amptenare gee;

1 SAMUEL 8:15 (AFR83)

van julle saaigrond en wingerde se opbrengs sal hy 'n tiende vat en aan sy paleispersoneel en sy amptenare gee;

1 SAMUEL 8:16 (AFR83)

julle beste slawe, slavinne en jong manne, en julle donkies sal hy vat en vir sy werk gebruik;

1 SAMUEL 8:17 (AFR83)

van julle kleinvee sal hy 'n tiende vat, en julle self sal sy slawe wees.

1 SAMUEL 8:18 (AFR83)

“Daardie dag sal julle om hulp roep vanweë julle koning vir wie julle verkies het, maar dan sal die Here julle nie antwoord nie.”

PSALMS 24:8 (AFR83)

Wie is hierdie magtige Koning? Die Here, sterk en geweldig, die Here, oorwinnaar in elke stryd.

ROMEINE 8:28 (AFR83)

Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.

MATTEUS 2:2 (AFR83)

en gevra: “Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is? Ons het sy ster sien opkom en ons het gekom om aan Hom hulde te bewys.”

MATTEUS 2:11 (AFR83)

Hulle het in die huis ingegaan en die Kindjie saam met Maria, sy moeder, gesien, en hulle het gekniel en aan Hom hulde bewys. Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre.

MATTEUS 2:1 (AFR83)

Jesus is in Betlehem in Judea gebore tydens die regering van koning Herodes. Na Jesus se geboorte het daar sterrekykers uit die ooste in Jerusalem aangekom

MATTEUS 2:10 (AFR83)

Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly.

JOHANNES 12:13 (AFR83)

Hulle het palmtakke gevat en Hom tegemoet gegaan en uitgeroep: “Prys Hom! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!” en: “Die Koning van Israel!”

MATTEUS 2:3 (AFR83)

Toe koning Herodes hiervan hoor, was hy, en die hele Jerusalem saam met hom, hewig ontsteld.

MATTEUS 2:4 (AFR83)

Hy het toe die priesterhoofde en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar geroep en hulle uitgevra oor waar die Christus gebore sou word.

MATTEUS 2:5 (AFR83)

Hulle het hom geantwoord: “In Betlehem in Judea, want so is dit deur 'n profeet geskrywe:

MATTEUS 2:6 (AFR83)

“En jy, Betlehem, gebied van Juda, jy is beslis nie die kleinste onder die leiers van Juda nie. Uit jou sal 'n leier voortkom wat vir my volk Israel 'n herder sal wees. ”