Soekresultate vir: Johannes 4:7-15

JOHANNES 4:7 (AFR83)

Daar kom toe 'n Samaritaanse vrou water haal, en Jesus vra vir haar: “Gee My 'n bietjie water om te drink.”

JOHANNES 4:8 (AFR83)

Sy dissipels was intussen weg dorp toe om te gaan kos koop.

JOHANNES 4:9 (AFR83)

Die Samaritaanse vrou sê toe vir Hom: “Hoe vra jy, wat 'n Jood is, vir my, 'n Samaritaanse vrou, water om te drink?” Die Jode en die Samaritane gaan immers nie met mekaar om nie.

JOHANNES 4:10 (AFR83)

Jesus het haar geantwoord: “As jy geweet het wat God gee, en wie dit is wat vir jou sê: ‘Gee My 'n bietjie water om te drink,’ sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir jou lewende water gegee het.”

JOHANNES 4:11 (AFR83)

Die vrou sê toe vir Hom: “Meneer, jy het nie eens 'n skepding nie, en die put is diep. Waar gaan jy die lewende water vandaan kry?

JOHANNES 4:12 (AFR83)

Jy is tog nie tot meer in staat as ons voorvader Jakob wat hierdie put vir ons gegee het en self saam met sy seuns en sy diere daaruit gedrink het nie?”

JOHANNES 4:13 (AFR83)

Maar Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry;

JOHANNES 4:14 (AFR83)

maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.”

JOHANNES 4:15 (AFR83)

Die vrou het vir Hom gesê: “Meneer, gee vir my van daardie water, sodat ek nie weer dors sal kry en hier hoef te kom water haal nie.”

JOHANNES 15:7 (AFR83)

As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.

JOHANNES 7:15 (AFR83)

Die Jode was verbaas en het gesê: “Waar kom hy aan die geleerdheid? Hy het dan geen opleiding gehad nie!”

JOHANNES 15:4 (AFR83)

Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie.

JOHANNES 7:4 (AFR83)

'n Mens wat oral bekend wil wees, doen nie iets in die geheim nie. Aangesien jy dan hierdie dinge doen, maak jou openlik aan die wêreld bekend.”

1 JOHANNES 4:15 (AFR83)

Wie bely dat Jesus die Seun van God is – God bly in hom en hy in God.

1 JOHANNES 4:7 (AFR83)

Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God.

JOHANNES 8:11 (AFR83)

“Niemand nie, Here,” sê sy. Toe sê Jesus: “Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”

JOHANNES 1:8 (AFR83)

Hy was self nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.

JOHANNES 1:12 (AFR83)

Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.

JOHANNES 1:17 (AFR83)

God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

JOHANNES 1:18 (AFR83)

Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak.

JOHANNES 1:35 (AFR83)

Die volgende dag het Johannes weer daar gestaan, met twee van sy volgelinge by hom.

JOHANNES 1:36 (AFR83)

Toe Jesus verbyloop, het Johannes stip na Hom gekyk en gesê: “Dáár is die Lam van God!”

JOHANNES 1:39 (AFR83)

Hy sê toe vir hulle: “Kom saam, dan sal julle sien.” Hulle het toe gegaan en gesien waar Hy tuis gaan. Dit was omtrent vieruur die middag, en hulle het die res van die dag by Hom gebly.

JOHANNES 1:1 (AFR83)

In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God.

JOHANNES 1:2 (AFR83)

Hy was reeds in die begin by God.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid