Soekresultate vir: God
1 KORINTIËRS 8:3 (AFR83)
Maar as iemand God liefhet, ken God hom.
1 JOHANNES 4:15 (AFR83)
Wie bely dat Jesus die Seun van God is – God bly in hom en hy in God.
PSALMS 42:3 (AFR83)
Ek dors na God, na die lewende God. Wanneer kan ek gaan en voor God verskyn?
PSALMS 77:14 (AFR83)
Alles wat U doen, is heilig, o God. Waar is 'n god so groot soos God?
MATTEUS 22:32 (AFR83)
‘Ek is die God van Abraham, die God van Isak, en die God van Jakob’ ? Hy is nie die God van dooies nie maar van lewendes.”
EKSODUS 3:6 (AFR83)
Verder sê Hy: “Ek is die God van jou voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob.” Toe maak Moses sy gesig toe, want hy was bang om na God te kyk.
1 JOHANNES 4:16 (AFR83)
En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin. God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom.
JOHANNES 3:34 (AFR83)
God het Hom immers gestuur, en Hy spreek die woorde van God, want God gee Hom sy Gees sonder enige beperking.
1 KORINTIËRS 3:9 (AFR83)
Ons is medewerkers in diens van God, en julle is die saailand van God. Julle is ook die gebou van God.
PSALMS 43:4 (AFR83)
Laat my ingaan na die altaar van God, die God oor wie ek wil jubel en juig, dat ek U kan loof met die lier, o God, my God!
JOHANNES 1:1 (AFR83)
In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God.
PSALMS 68:21 (AFR83)
God is vir ons die God wat ons red, die Here ons God deur wie ons bewaar word in doodsgevaar.
1 JOHANNES 4:7 (AFR83)
Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God.
ROMEINE 8:33 (AFR83)
Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry.
1 KORINTIËRS 1:24 (AFR83)
maar vir dié wat deur God geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God.
1 KORINTIËRS 3:17 (AFR83)
As iemand die tempel van God beskadig, sal God hom straf, want die tempel van God is heilig, en die tempel is julle.
PSALMS 7:12 (AFR83)
God is 'n betroubare regter, 'n God wat altyd die skuldiges straf.
PSALMS 47:9 (AFR83)
God is koning oor die nasies, God is op sy heilige troon.
PSALMS 48:15 (AFR83)
Dié God is ons God vir altyd; Hy sal ons altyd lei.
PSALMS 57:3 (AFR83)
Ek roep na God, die Allerhoogste, na God wat my sal help.
PSALMS 67:7 (AFR83)
Die land het sy oes gelewer. God, ons God, het ons geseën.
PSALMS 78:19 (AFR83)
en God uitgedaag het: “Kan God hier in die woestyn kos gee?
PSALMS 84:9 (AFR83)
Here, almagtige God, hoor my gebed, luister tog, God van Jakob! Sela
EKSODUS 4:5 (AFR83)
Toe sê die Here: “Op grond hiervan sal hulle glo dat die Here die God van hulle voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob, aan jou verskyn het.
JAKOBUS 2:23 (AFR83)
So is die Skrif vervul wat sê: “Abraham het in God geglo, en God het hom vrygespreek,” en hy is 'n vriend van God genoem.