Soekresultate
FILIPPENSE 4:6 (AFR83)
Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.
FILIPPENSE 4:7 (AFR83)
En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.
1 PETRUS 5:7 (AFR83)
Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.
MATTEUS 6:25 (AFR83)
“Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie?
MATTEUS 6:27 (AFR83)
Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng?
MATTEUS 6:31 (AFR83)
“Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie.
MATTEUS 6:33 (AFR83)
Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.
MATTEUS 6:34 (AFR83)
“Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.”
PSALMS 94:19 (AFR83)
Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring.
JOSUA 1:9 (AFR83)
Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.”
JOHANNES 14:27 (AFR83)
“Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.
2 TIMOTEUS 1:7 (AFR83)
Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.
SPREUKE 12:25 (AFR83)
Bekommernis druk 'n mens neer; 'n vriendelike woord vrolik hom op.
PREDIKER 11:10 (AFR83)
Hou kommer uit jou hart en vermy wat jou liggaam kan kwaad doen. Ook die jeug en die jonkheid kom tot niks.
LUKAS 12:25 (AFR83)
Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een uur verleng?
KLAAGLIEDERE 3:47 (AFR83)
angs en benoudheid het oor ons gekom, verlatenheid en verwoesting.
JOËL 2:6 (AFR83)
Voor hulle bewe die nasies, almal word wit van angs.
JOB 4:14 (AFR83)
Vrees en angs het my oorval, my liggaam het verskriklik gebewe.
JESAJA 24:17 (AFR83)
Angs, vanggate en strikke wag vir die inwoners van die land.
JOB 23:16 (AFR83)
God het my weerstand afgebreek, die Almagtige het my met angs vervul.
HEBREËRS 12:21 (AFR83)
So angswekkend was die verskynsel dat Moses uitgeroep het: “Ek sidder van angs!”
JOB 3:26 (AFR83)
Ek het geen rus en geen vrede nie, geen verposing nie, net angs.”
PSALMS 48:8 (AFR83)
angs soos toe U met die oostewind die skepe van Tarsis verpletter het.
PSALMS 119:143 (AFR83)
Al oorval angs en benoudheid my, in u gebooie bly ek my verlustig.
JESAJA 13:7 (AFR83)
Almal se hande sal slap hang, almal se harte sal verstyf van angs.