Soekresultate vir: 1 Korintiers 13:13

1 KORINTIËRS 13:13 (AFR83)

En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!

1 KORINTIËRS 13:10 (AFR83)

maar wanneer die volledige kom, sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees.

1 KORINTIËRS 13:1 (AFR83)

Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal geword.

1 KORINTIËRS 13:11 (AFR83)

Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind. Maar noudat ek 'n man is, is ek klaar met die dinge van 'n kind.

1 KORINTIËRS 13:12 (AFR83)

Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken.

1 KORINTIËRS 13:7 (AFR83)

Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

1 KORINTIËRS 13:4 (AFR83)

Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie.

1 KORINTIËRS 13:8 (AFR83)

Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak.

1 KORINTIËRS 13:2 (AFR83)

Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks.

1 KORINTIËRS 13:3 (AFR83)

Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.

1 KORINTIËRS 13:6 (AFR83)

Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid.

1 KORINTIËRS 13:5 (AFR83)

Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.

1 KORINTIËRS 13:9 (AFR83)

Want ons ken maar gedeeltelik, en ons profeteer maar gedeeltelik,

2 KORINTIËRS 13:13 (AFR83)

Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees.

2 KORINTIËRS 13:1 (AFR83)

Dit is nou die derde keer dat ek na julle toe kom. “Deur die getuienis van twee of drie getuies moet elke saak bewys word,” sê die Skrif.

2 KORINTIËRS 13:10 (AFR83)

Daarom skryf ek hierdie dinge terwyl ek nog van julle af weg is, want wanneer ek kom, wil ek nie met die gesag wat die Here aan my gegee het, streng teen julle optree nie. Met dié gesag moet ek opbou, nie afbreek nie.

2 KORINTIËRS 13:12 (AFR83)

Groet mekaar met die soen van Christelike broederskap. Almal wat aan die Here behoort, stuur vir julle groete.

2 KORINTIËRS 13:11 (AFR83)

Verder, broers, wees bly, streef na die geestelike volwassenheid, aanvaar vermaning, wees eensgesind, leef in vrede. En die God van liefde en vrede sal by julle wees!

2 KORINTIËRS 13:4 (AFR83)

want al is Hy gekruisig in die swakheid van 'n mens, Hy leef uit die krag van God. En in Hom is ons ook swak, maar saam met Hom sal ons uit die krag van God lewe. Dit sal julle sien.

2 KORINTIËRS 13:8 (AFR83)

Ons vermag niks teen die waarheid van God nie, maar wel alles vir die waarheid.

2 KORINTIËRS 13:2 (AFR83)

Aan dié wat vroeër gesondig het en aan al die ander het ek voorheen toe ek by julle was, gesê, en ek sê dit nou weer vooruit terwyl ek nie by julle is nie: As ek nou weer na julle toe kom, sal ek niks en niemand ontsien nie.

2 KORINTIËRS 13:9 (AFR83)

Ons is dus bly as ons swak is, as julle maar sterk is. Ons bid ook vir julle geestelike volwassenheid.

2 KORINTIËRS 13:5 (AFR83)

Stel julleself op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe. Besef julle dan nie self dat Christus Jesus in julle is nie? So nie, het julle die toets nie deurstaan nie.

2 KORINTIËRS 13:6 (AFR83)

Ek hoop dan julle weet dat ons wel die toets deurstaan het.

2 KORINTIËRS 13:3 (AFR83)

Julle soek mos 'n bewys dat Christus deur my praat. Hy tree nie swak op teenoor julle nie, maar bewys sy krag onder julle,

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid