Soekresultate vir: Johannes 4:7-15

JOHANNES 1:5 (AFR83)

Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.

JOHANNES 1:6 (AFR83)

Daar was 'n man wat deur God gestuur is. Sy naam was Johannes.

JOHANNES 1:9 (AFR83)

Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe.

JOHANNES 1:10 (AFR83)

Hy wás in die wêreld – die wêreld het deur Hom tot stand gekom – en tog het die wêreld Hom nie erken nie.

JOHANNES 1:3 (AFR83)

Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie.

JOHANNES 1:19 (AFR83)

Die Jode het priesters en Leviete van Jerusalem af na Johannes toe gestuur om hom te vra: “Wie is jy?” Toe het hy hierdie getuienis afgelê

JOHANNES 1:20 (AFR83)

en dit duidelik en ondubbelsinnig gestel en openlik verklaar: “Ek is nie die Christus nie.”

JOHANNES 1:27 (AFR83)

Dit is Hy wat ná my kom, wie se skoene ek nie werd is om los te maak nie.”

JOHANNES 1:40 (AFR83)

Andreas, die broer van Simon Petrus, was een van die twee wat dit van Johannes gehoor en Jesus gevolg het.

JOHANNES 1:42 (AFR83)

Hy het hom na Jesus toe gebring. Jesus het stip na hom gekyk en gesê: “Jy is Simon seun van Johannes; jy sal Sefas genoem word.” Sefas beteken dieselfde as Petrus.

JOHANNES 1:48 (AFR83)

Natanael vra Hom toe: “Waarvandaan ken U my?” “Voordat Filippus jou geroep het,” antwoord Jesus hom, “toe jy nog onder die vyeboom was, het Ek jou al gesien.”

JOHANNES 2:9 (AFR83)

Die seremoniemeester het nie geweet waar dit vandaan kom nie, maar die kelners wat die water uitgeskep het, het geweet. Toe die seremoniemeester die water proe wat wyn geword het, roep hy die bruidegom

JOHANNES 2:16 (AFR83)

Vir die mense wat die duiwe verkoop het, het Hy gesê: “Vat hierdie goed hier weg! Moenie die huis van my Vader 'n besigheidsplek maak nie.”

JOHANNES 2:24 (AFR83)

Maar Hy het Hom nie op hulle verlaat nie, omdat Hy geweet het hoe hulle almal is.

JOHANNES 3:1 (AFR83)

Daar was 'n man met die naam Nikodemus. Hy het aan die party van die Fariseërs behoort en was 'n lid van die Joodse Raad.

JOHANNES 3:5 (AFR83)

Jesus het geantwoord: “Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie.

JOHANNES 1:13 (AFR83)

Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore.

JOHANNES 1:21 (AFR83)

Hulle vra hom toe: “Wie is jy dan? Is jy Elia?” “Nee, ek is nie,” sê hy. “Is jy dan die Profeet?” “Nee!” het hy geantwoord.

JOHANNES 1:22 (AFR83)

“Nou maar wie is jy dan? Ons moet 'n antwoord gaan gee aan dié wat ons gestuur het,” sê hulle vir hom. “Wat het jy oor jouself te sê?”

JOHANNES 1:24 (AFR83)

Daar was Fariseërs onder dié wat gestuur is,

JOHANNES 1:29 (AFR83)

Die volgende dag sien Johannes vir Jesus na hom toe kom. Hy sê toe: “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!

JOHANNES 1:30 (AFR83)

Dit is Hy wat ek bedoel het toe ek gesê het: ‘Ná my kom daar 'n Man wat my vóór is, want Hy was voor my reeds daar.’

JOHANNES 2:4 (AFR83)

Maar Hy sê vir haar: “Waarom sê u dit vir My? My tyd het nog nie gekom nie.”

JOHANNES 2:5 (AFR83)

Sy moeder sê toe vir die kelners: “Wat Hy ook al vir julle sê, moet julle doen.”

JOHANNES 2:6 (AFR83)

Daar het ses klipkanne gestaan vir water wat die Jode by hulle reiniging gebruik het. Elkeen het tussen negentig en honderd liter gehou.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid