Soekresultate vir: Deutsche Telekom Hochschule Leipzig成绩单[办证网:zjw211.com]上海南汇Saint Mary

DEUTERONOMIUM 18:20 (AFR83)

'n Profeet wat hom dit aanmatig om in my Naam iets te sê wat Ek hom nie beveel het nie, moet sterf. Dit geld ook van 'n profeet wat in die naam van ander gode praat.’

DEUTERONOMIUM 18:21 (AFR83)

Wanneer jy jou afvra: Hoe sal ek die woorde kan uitken wat die Here nie met die profeet gepraat het nie?

DEUTERONOMIUM 18:22 (AFR83)

moet jy weet: as 'n profeet iets in die Naam van die Here aankondig en dit kom nie uit nie en dit gebeur nie so nie, dan het die Here nie met die profeet gepraat nie. Dan het die profeet hom dit aangematig en hoef jy jou nie aan hom te steur nie.”

DEUTERONOMIUM 19:6 (AFR83)

As die pad na so 'n stad toe te lank sou wees, sou dit kon gebeur dat 'n familielid wat in sy woede die ander se dood wil wreek, die man wat hom doodgemaak het, agtervolg en inhaal en doodmaak al is daar nie 'n misdaad gepleeg wat die dood verdien nie: daar was mos nie voorheen vyandskap tussen hulle nie.

DEUTERONOMIUM 19:7 (AFR83)

Dit is waarom ek jou beveel om drie stede uit te sonder.

DEUTERONOMIUM 19:10 (AFR83)

Daar mag nie onskuldige bloed vergiet word in die land wat die Here jou God aan jou as besitting sal gee nie, want dan sal daar bloedskuld op jou rus.

DEUTERONOMIUM 19:11 (AFR83)

“Wanneer daar vyandskap is tussen 'n man en sy buurman, en hy lê sy buurman voor en pak hom en slaan hom dat hy sterf, en die man vlug dan na een van hierdie stede toe,

DEUTERONOMIUM 19:12 (AFR83)

moet die leiers van sy stad hom van daar af laat haal en hom oorgee in die mag van die familielid wat die ander se dood wil wreek, en die familielid mag hom doodmaak.

DEUTERONOMIUM 19:13 (AFR83)

Jy mag hom nie genade betoon nie. Jy moet uit Israel uitroei dié wat onskuldige bloed vergiet, dan sal dit met jou goed gaan.”

DEUTERONOMIUM 19:14 (AFR83)

“Jy mag nie jou buurman se grenslyne verskuif nie. Dit is grenslyne wat voorheen deur die voorgeslag vasgestel is vir die eiendom wat jy sal besit in die land wat die Here jou God jou as besit sal gee.”

DEUTERONOMIUM 19:15 (AFR83)

“Daar mag nie net een persoon teen iemand getuig nie, al was die oortreding of die misdaad ook wat, al het hy ook hoe verkeerd gehandel. 'n Beskuldiging kan net bewys word deur die getuienis van twee of drie getuies.

DEUTERONOMIUM 19:20 (AFR83)

Die ander mense sal daarvan hoor en bang word en hierdie soort verkeerde ding sal nie weer tussen julle voorkom nie.

DEUTERONOMIUM 19:21 (AFR83)

Jy mag so 'n persoon nie genade betoon nie: 'n lewe vir 'n lewe, 'n oog vir 'n oog, 'n tand vir 'n tand, 'n hand vir 'n hand en 'n voet vir 'n voet.”

DEUTERONOMIUM 20:1 (AFR83)

“Wanneer jy teen jou vyande gaan oorlog maak en jy merk hulle het perde en strydwaens en hulle is meer as jy, moet jy nie vir die vyande bang wees nie. Die Here jou God wat jou uit Egipte laat trek het, is by jou.

DEUTERONOMIUM 20:2 (AFR83)

Wanneer jy gereed staan om te veg, moet die priester nader kom en die volk toespreek.

DEUTERONOMIUM 20:3 (AFR83)

Hy moet vir hulle sê: ‘Luister, Israel! Julle staan nou gereed om teen julle vyande te veg. Moenie bewe nie, moenie bang wees nie, moenie vreesbevange word nie, moenie vir hulle skrik nie.

DEUTERONOMIUM 20:4 (AFR83)

Die Here julle God gaan saam met julle om vir julle teen julle vyande te veg, om julle die oorwinning te laat behaal.’

DEUTERONOMIUM 20:6 (AFR83)

Wie het 'n wingerd geplant en nog nie van sy vrugte geëet nie? Hy moet teruggaan huis toe sodat hy nie in die oorlog omkom en 'n ander van sy wingerd eet nie.

DEUTERONOMIUM 20:7 (AFR83)

Wie het verloof geraak maar is nog nie getroud nie? Hy moet teruggaan huis toe sodat hy nie in die oorlog omkom en 'n ander met sy verloofde trou nie.’

DEUTERONOMIUM 20:8 (AFR83)

Verder moet die leiers nog vir die volk sê: ‘Wie is bang? Wie bewe? Hy moet teruggaan huis toe sodat hy nie sy volksgenote laat moed verloor soos hy nie.’

DEUTERONOMIUM 20:9 (AFR83)

“Wanneer die leiers met die volk gepraat het, moet daar leëraanvoerders aangestel word.

DEUTERONOMIUM 20:10 (AFR83)

Wanneer jy teen 'n stad optrek om daarteen te veg, moet jy 'n vredesaanbod maak.

DEUTERONOMIUM 20:11 (AFR83)

As die stad die vredesaanbod aanvaar en sy poorte vir jou oopgooi, moet al sy inwoners jou dwangarbeiders word en vir jou werk.

DEUTERONOMIUM 21:4 (AFR83)

en haar na 'n spruit toe bring wat loop en waar daar nie geploeg of gesaai is nie. Daar by die spruit moet hulle die vers se nek breek.