Soekresultate

HOSEA 6:6 (AFR83)

want Ek verwag liefde eerder as offers, toewyding aan My eerder as brandoffers.

1 TIMOTEUS 1:8 (AFR83)

Ons weet dat die wet goed is as 'n mens dit op die regte manier gebruik.

DIE OPENBARING 2:3 (AFR83)

Verder volhard julle ook; julle het baie vir my Naam verduur, en julle het nie moeg geword nie.

2 TESSALONISENSE 2:8 (AFR83)

en dan sal die wettelose self op die toneel verskyn. Maar wanneer die Here Jesus kom, sal Hy hom met die asem uit sy mond verdelg en deur die glans van sy verskyning vernietig.

JOB 10:9 (AFR83)

Dink daaraan dat U my soos klei gevorm het. Gaan U my nou weer stof laat word?

JESAJA 42:21 (AFR83)

Die Here het vreugde daaraan om getrou te wees, Hy laat sy woord roem en eer ontvang.

MATTEUS 12:7 (AFR83)

As julle begryp het wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie,’ dan sou julle nie mense wat onskuldig is, veroordeel het nie.

TITUS 3:1 (AFR83)

Herinner die mense nadruklik daaraan dat hulle hulle aan owerheid en gesag moet onderwerp, daaraan gehoorsaam moet wees en bereid moet wees om alles te doen wat goed is.

1 TIMOTEUS 2:2 (AFR83)

vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons 'n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid.

JOHANNES 9:24 (AFR83)

Die Jode het toe die tweede keer die man wat blind was, geroep en vir hom gesê: “Praat die waarheid voor God; ons weet mos hierdie man is 'n sondaar.”

1 SAMUEL 15:22 (AFR83)

Maar Samuel antwoord: “Is brandoffers en ander diereoffers net so aanneemlik vir die Here as gehoorsaamheid aan sy bevel? Nee, gehoorsaamheid is beter as offerande, om te luister is beter as die vet van ramme.

MATTEUS 9:13 (AFR83)

Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.’ Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.”

JOHANNES 3:29 (AFR83)

Die bruidegom is die een aan wie die bruid behoort; maar die vriend van die bruidegom staan en luister of hy kom en is baie bly wanneer hy die stem van die bruidegom hoor. Daarom is ek nou met blydskap vervul.

DEUTERONOMIUM 7:1 (AFR83)

“Die Here jou God sal jou bring in die land waarheen jy op pad is en wat jy in besit sal neem. Hy sal baie nasies voor jou uit verdryf: Hetiete, Girgasiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete. Wanneer die Here jou God hierdie sewe nasies wat groter en sterker is as jy,

JESAJA 62:5 (AFR83)

Soos 'n jong man met 'n meisie trou, so sal jou volk jou syne maak en vir jou sorg. Soos 'n bruidegom bly is oor sy bruid, so sal jou God oor jou bly wees.

DEUTERONOMIUM 24:1 (AFR83)

“Wanneer 'n man met 'n vrou trou, kan dit gebeur dat hy haar nie meer liefhet nie omdat hy iets onbetaamliks aan haar gevind het. Dan mag hy 'n skeibrief skryf en dit vir haar gee en haar uit sy huis uit wegstuur.

MARKUS 14:62 (AFR83)

“Ek is,” het Jesus geantwoord, “en julle sal die Seun van die mens sien waar Hy sit aan die regterhand van Hom wat magtig is, en wanneer Hy kom op die wolke van die hemel.”

KLAAGLIEDERE 4:22 (AFR83)

Die straf vir jou sonde is beëindig, Sion, die Here sal jou ballingskap nie laat voortduur nie; maar jóú sonde gaan Hy straf, Edom, jóú ongeregtigheid gaan Hy aan die kaak stel.

PSALMS 40:6 (AFR83)

Here my God, U het baie wonderlike dinge gedoen; U dink altyd aan ons; daar is niemand soos U nie. Ek sou daarvan wou vertel en daaroor praat, maar dit is te veel om op te noem.

JOSUA 22:5 (AFR83)

Sorg net dat julle die gebod en die wet wat Moses die dienaar van die Here julle opgelê het, getrou onderhou, naamlik om die Here julle God lief te hê en volgens sy wil te lewe, sy gebooie te onderhou, aan Hom getrou te bly en Hom met julle hele hart en siel te dien.”

DIE OPENBARING 17:8 (AFR83)

“Die dier wat jy gesien het, was eers en is nie nou nie. Hy gaan uit die onderaardse diepte uit kom en gaan na die verderf toe. Die bewoners van die aarde wie se name nie van die skepping van die wêreld af in die boek van die lewe geskrywe staan nie, sal verwonderd wees as hulle die dier sien, want eers was hy en nou is hy nie en tog sal hy wees.