Soekresultate vir: Deutsche Telekom Hochschule Leipzig成绩单[办证网:zjw211.com]上海南汇Saint Mary

DEUTERONOMIUM 26:6 (AFR83)

Die Egiptenaars het ons sleg behandel. Hulle het ons verdruk en ons harde werk laat doen.

DEUTERONOMIUM 26:7 (AFR83)

Ons het na die Here die God van ons voorvaders om hulp geroep, en Hy het ons gehoor. Hy het ons ellende en ons swaarkry raakgesien en gesien hoe ons verdruk word.

DEUTERONOMIUM 26:8 (AFR83)

Die Here het ons uit Egipte laat wegtrek deur magtige dade, kragtige groot dade wat vrees ingeboesem het, tekens en wonders.

DEUTERONOMIUM 26:9 (AFR83)

Hy het ons in hierdie plek gebring en hierdie land aan ons gegee, 'n land wat oorloop van melk en heuning.

DEUTERONOMIUM 26:10 (AFR83)

Dit is die rede waarom ek nou die eerste opbrengs van die land wat deur die Here aan my gegee is, gebring het.’ Dan moet jy dit neersit in die teenwoordigheid van die Here jou God en Hom aanbid.

DEUTERONOMIUM 26:11 (AFR83)

Jy moet al die goeie dinge geniet wat die Here jou God aan jou en jou huisgenote gee, jy en die Leviete en die vreemdelinge wat by jou woon.”

DEUTERONOMIUM 26:12 (AFR83)

“Om die drie jaar is dit 'n jaar van tiendes. Dan moet jy 'n tiende van die opbrengs van jou land opsy sit. As jy dit opsy gesit het, moet jy dit gee aan die Leviet, die vreemdeling, die weeskind en die weduwee dat hulle in jou stede genoeg kan hê om te eet.

DEUTERONOMIUM 26:13 (AFR83)

Dan moet jy in die teenwoordigheid van die Here jou God sê: ‘Ek het die gewyde deel uit my huis uit weggeneem en aan die Leviet, die vreemdeling, die weeskind en die weduwee gegee soos U my beveel het in al u gebooie. Ek het nie een van u gebooie oortree nie. Ek het hulle nie vergeet nie.

DEUTERONOMIUM 26:14 (AFR83)

Ek het nie van die tiende geëet terwyl ek gerou het nie. Ek het dit nie uit my huis uit weggeneem terwyl ek onrein was nie. Ek het nie daarvan aan 'n dooie afgod geoffer nie. Ek het na U geluister, Here my God, en ek het alles gedoen wat U my beveel het.

DEUTERONOMIUM 26:15 (AFR83)

Kyk tog af, Here, uit u heilige woonplek, uit die hemel, en seën u volk Israel en die land wat U aan ons gegee het soos U aan ons voorvaders met 'n eed beloof het, 'n land wat oorloop van melk en heuning.’

DEUTERONOMIUM 26:16 (AFR83)

“Die Here jou God beveel jou vandag om volgens hierdie voorskrifte en bepalings te leef en om hulle te gehoorsaam. Jy moet dit doen met hart en siel.

DEUTERONOMIUM 26:17 (AFR83)

Jy het vandag verklaar dat die Here jou God is, en dat jy volgens sy wil sal lewe, dat jy sy voorskrifte en gebooie en bepalings sal gehoorsaam en dat jy na Hom sal luister.

DEUTERONOMIUM 26:18 (AFR83)

Die Here het vandag verklaar dat jy sy eiendomsvolk is soos Hy jou beloof het, en gesê dat jy al sy gebooie moet gehoorsaam,

DEUTERONOMIUM 26:19 (AFR83)

dat Hy jou oor al die nasies wat Hy gemaak het, sal stel en aan jou meer lof en roem en eer sal gee as aan hulle, en dat jy 'n volk sal wees wat aan die Here jou God gewy sal wees soos Hy beloof het.”

DEUTERONOMIUM 27:1 (AFR83)

Moses en die leiers van Israel het die volk beveel: “Jy moet al die gebooie gehoorsaam wat ek jou vandag beveel.

DEUTERONOMIUM 27:2 (AFR83)

Wanneer jy deur die Jordaanrivier trek op pad na die land toe wat die Here jou God aan jou gee, moet jy groot klippe opstapel en hulle met kalk afwit.

DEUTERONOMIUM 27:3 (AFR83)

Wanneer jy deurtrek om die land in te gaan, die land wat die Here jou God aan jou sal gee, die land wat oorloop van melk en heuning, soos die Here jou God aan jou voorvaders beloof het, moet jy al die woorde van hierdie wet op die klippe skryf.

DEUTERONOMIUM 27:4 (AFR83)

Nadat jy deur die Jordaan getrek het, moet jy die klippe waaroor ek nou net opdragte gegee het, op Ebalberg opstapel en moet jy hulle met kalk afwit.

DEUTERONOMIUM 27:5 (AFR83)

Daar moet jy 'n klipaltaar bou vir die Here jou God. Jy mag die klip nie kap nie.

DEUTERONOMIUM 27:6 (AFR83)

Jy moet die altaar vir die Here jou God bou van onbewerkte klip en daarop moet jy jou brandoffers aan die Here jou God offer.

DEUTERONOMIUM 27:7 (AFR83)

Jy moet jou maaltydoffers offer en dit daar eet en bly wees in die teenwoordigheid van die Here jou God.

DEUTERONOMIUM 27:8 (AFR83)

Jy moet hierdie hele wet duidelik leesbaar skryf op die klippe wat jy opstapel.”

DEUTERONOMIUM 27:9 (AFR83)

Moses en die Levitiese priesters het vir die hele Israel gesê: “Bly stil en luister, Israel! Vandag het jy die volk van die Here jou God geword.

DEUTERONOMIUM 27:10 (AFR83)

Jy moet na die Here jou God luister en jy moet lewe volgens die gebooie en die voorskrifte wat ek jou vandag beveel.”

DEUTERONOMIUM 27:11 (AFR83)

Op dieselfde dag het Moses vir die volk gesê: