Soekresultate vir: Deutsche Telekom Hochschule Leipzig成绩单[办证网:zjw211.com]上海南汇Saint Mary

DEUTERONOMIUM 32:40 (AFR83)

Ek steek my hand op na die hemel toe en lê 'n eed af: So seker as Ek ewig lewe,

DEUTERONOMIUM 32:41 (AFR83)

wanneer Ek my blink swaard skerp gemaak het, wanneer my hand dit gevat het om te oordeel, sal Ek my teenstanders straf en my haters vergeld vir wat hulle gedoen het.

DEUTERONOMIUM 32:42 (AFR83)

My swaard sal dood saai; Ek sal my pyle deurweek met bloed: die bloed van gesneuweldes en gevangenes, die bloed van die vyand met die lang haarlokke.’

DEUTERONOMIUM 32:43 (AFR83)

“Al julle nasies, julle moet die volk van die Here roem, want Hy wreek die bloed van sy dienaars, Hy straf sy teenstanders, Hy bring vrede tussen Hom en sy land, tussen Hom en sy volk.”

DEUTERONOMIUM 32:44 (AFR83)

Moses het nader gekom en hierdie hele lied aan die volk voorgehou. Josua seun van Nun was by hom.

DEUTERONOMIUM 32:45 (AFR83)

Toe Moses hiermee klaar was,

DEUTERONOMIUM 32:46 (AFR83)

het hy vir al die Israeliete gesê: “Neem al die woorde waarmee ek julle vandag vermaan het, ter harte. Julle moet julle kinders beveel om dit te gehoorsaam en te lewe volgens hierdie hele wet.

DEUTERONOMIUM 32:47 (AFR83)

Dit is nie 'n geringe saak vir julle nie, dit is die lewe vir julle, en deur hierdie gebod te onderhou, sal julle julle verblyf verleng in die land wat julle in besit sal neem wanneer julle die Jordaan deurtrek.”

DEUTERONOMIUM 32:48 (AFR83)

Op dieselfde dag waarop Moses so met die Israeliete gepraat het, het die Here vir hom gesê:

DEUTERONOMIUM 32:49 (AFR83)

“Klim op Neboberg in die Abarimberge in Moab regoor Jerigo en bekyk Kanaän wat Ek vir die Israeliete as besitting sal gee.

DEUTERONOMIUM 32:50 (AFR83)

Jy sal sterf op die berg waarop jy moet klim. So het jou broer Aäron gesterf op Horberg.

DEUTERONOMIUM 32:51 (AFR83)

Julle was voor die oë van die Israeliete aan My ontrou by die waters van Meriba-Kades in die Sinwoestyn, want julle het My nie daar voor hulle oë as die Heilige geëer nie.

DEUTERONOMIUM 32:52 (AFR83)

Jy sal die land wat Ek aan die Israeliete sal gee, regoor jou sien, maar jy sal daar nie binnegaan nie.”

DEUTERONOMIUM 33:1 (AFR83)

Moses, die man van God, het die Israeliete voor sy dood met die volgende woorde geseën:

DEUTERONOMIUM 33:2 (AFR83)

Hy het gesê: “Die Here kom van Sinai af, Hy laat van Seïr af sy lig oor sy volk skyn, laat dit deurbreek van Paranberg af. Hy kom van waar tienduisende hemelwesens woon, van waar hulle aan sy regterhand hulle plek het.

DEUTERONOMIUM 33:3 (AFR83)

“U, Here, het u volk lief, al die heiliges is in u hand. Hulle sit aan u voete, elkeen luister na u woorde.

DEUTERONOMIUM 33:4 (AFR83)

Moses het ons 'n wet gegee, dit is 'n besitting vir die volk van Jakob.

DEUTERONOMIUM 33:5 (AFR83)

Die Here het koning geword oor Jesurun toe die volksleiers, al die stamme van Israel, bymekaargekom het.

DEUTERONOMIUM 33:6 (AFR83)

“Ruben moet lewe, hy mag nie sterf nie; hy moet 'n groot volk word.”

DEUTERONOMIUM 33:7 (AFR83)

Oor Juda het Moses gesê: “Here, luister na Juda! Bring hom na sy volk toe; maak hom sterk, wees vir hom 'n hulp teen sy teenstanders.”

DEUTERONOMIUM 33:8 (AFR83)

Oor Levi het Moses gesê: “U tummim en u urim is toevertrou aan u troue dienaar, U het hom by Massa op die proef gestel, U het 'n saak teen hom gehad by die Meribawaters.

DEUTERONOMIUM 33:9 (AFR83)

Hy het van sy pa en ma gesê: ‘Ek hou nie rekening met hulle nie.’ Hy het sy broers nie erken nie, sy seuns nie as familie beskou nie. Die mense van Levi is gehoorsaam aan u bevele, hulle eerbiedig u verbond.

DEUTERONOMIUM 33:10 (AFR83)

Hulle sal vir Jakob in u bepalings onderrig, vir Israel in u wet. Hulle sal wierookoffers voor U kom neersit, brandoffers op u altaar.

DEUTERONOMIUM 33:11 (AFR83)

Seën sy werk, Here! Aanvaar wat hy doen! Tref sy teenstanders waar hulle krag sit, tref sy haters sodat hulle nie weer opstaan nie.”

DEUTERONOMIUM 33:12 (AFR83)

Oor Benjamin het Moses gesê: “Wie deur die Here bemin word, is veilig by Hom, skuil altyd by Hom en leef onder sy beskerming.”