Soekresultate vir: Deutsche Telekom Hochschule Leipzig成绩单[办证网:zjw211.com]上海南汇Saint Mary
DEUTERONOMIUM 27:25 (AFR83)
“Daar rus 'n vloek op elkeen wat omkoopgeld aanvaar om 'n onskuldige dood te maak! “Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’
DEUTERONOMIUM 27:26 (AFR83)
“Daar rus 'n vloek op elkeen wat nie hierdie wet onderhou en nie daarvolgens lewe nie! “Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’ ”
DEUTERONOMIUM 28:1 (AFR83)
“As jy goed luister na die Here jou God en jy gehoorsaam al sy gebooie wat ek jou vandag gee, en jy lewe daarvolgens, sal die Here jou God jou oor al die nasies van die aarde stel.
DEUTERONOMIUM 28:2 (AFR83)
“As jy luister na die Here jou God, sal al hierdie seëninge oor jou kom en jou lewe verryk.
DEUTERONOMIUM 28:3 (AFR83)
“Jy sal geseën wees in die stad, jy sal geseën wees in die oop veld.
DEUTERONOMIUM 28:4 (AFR83)
“Jou nageslag sal geseën wees, en die opbrengs van jou lande en die aanteel van jou diere, jou kalweroes en jou lammeroes.
DEUTERONOMIUM 28:5 (AFR83)
“Jou oesmandjie en jou knieskottel sal geseën wees.
DEUTERONOMIUM 28:6 (AFR83)
“Jy sal geseën wees waar jy ook gaan.
DEUTERONOMIUM 28:7 (AFR83)
“Die Here sal jou vyande wat jou aanval, vir jou laat vlug. Hulle sal uit een rigting teen jou opruk, maar in talle rigtings voor jou uit vlug.
DEUTERONOMIUM 28:8 (AFR83)
“Die Here sal die seën beveel om oor jou te kom, oor jou graanskure en oor alles wat jy aanpak. Die Here jou God sal jou seën in die land wat Hy aan jou gee.
DEUTERONOMIUM 28:9 (AFR83)
“As jy die gebooie van die Here jou God gehoorsaam en sy wil doen, sal Hy jou in stand hou as sy heilige volk soos Hy met 'n eed aan jou beloof het.
DEUTERONOMIUM 28:10 (AFR83)
“Al die volke op die aarde sal weet dat die Naam van die Here oor jou uitgeroep is, en hulle sal bang wees vir jou.
DEUTERONOMIUM 28:11 (AFR83)
Die Here sal jou oorlaai met die goeie: met 'n nageslag, met die aanteel van jou vee, met die opbrengs van jou grond in die land wat die Here met 'n eed aan jou voorvaders beloof het om aan jou te gee.
DEUTERONOMIUM 28:12 (AFR83)
Die Here sal sy goeie voorraadskuur, die hemel, vir jou oopmaak om vir jou land reën te gee op die regte tyd, om alles wat jy doen, te seën. Dan sal jy aan baie nasies kan leen, maar self sal jy nie hoef te leen nie.
DEUTERONOMIUM 28:15 (AFR83)
“As jy nie luister na die Here jou God nie en jy gehoorsaam nie al sy gebooie en voorskrifte wat ek jou vandag gee, en jy lewe nie daarvolgens nie, sal al hierdie strawwe oor jou kom en jou tref:
DEUTERONOMIUM 28:16 (AFR83)
“Daar sal 'n vloek op jou rus in die stad, daar sal 'n vloek op jou rus in die oop veld.
DEUTERONOMIUM 28:17 (AFR83)
“Daar sal 'n vloek rus op jou oesmandjie en op jou knieskottel.
DEUTERONOMIUM 28:18 (AFR83)
“Daar sal 'n vloek rus op jou nageslag en op die opbrengs van jou lande, op jou kalweroes en jou lammeroes.
DEUTERONOMIUM 28:19 (AFR83)
“Daar sal 'n vloek op jou rus waar jy ook gaan.
DEUTERONOMIUM 28:20 (AFR83)
“Die Here sal die vloek oor jou stuur, verwarring en terugslae in alles wat jy aanpak en doen, totdat Hy jou uitgeroei het en jou skielike ondergang bewerk het oor al die verkeerde dinge wat jy gedoen het deurdat jy Hom verlaat het.
DEUTERONOMIUM 28:21 (AFR83)
“Die Here sal peste en plae aan jou laat kleef totdat Hy jou uitgeroei het uit die land waarheen jy op pad is om dit in besit te neem.
DEUTERONOMIUM 28:22 (AFR83)
“Die Here sal jou tref met tering, inflammasie en koorssiekte, met hitte, met oorlog en met brandkoring en roes. Dit sal by jou bly totdat jy uitgewis is.
DEUTERONOMIUM 28:23 (AFR83)
“Die hemel bo jou sal brons word en die aarde onder jou yster.
DEUTERONOMIUM 28:24 (AFR83)
“Die Here sal stof en roet in jou land laat reën. Dit sal uit die hemel uit op jou afkom en jou uitdelg.