Soekresultate vir: Deutsche Telekom Hochschule Leipzig成绩单[办证网:zjw211.com]上海南汇Saint Mary

DEUTERONOMIUM 31:20 (AFR83)

Wanneer Ek vir Israel gebring het in die land wat Ek aan sy voorvaders met 'n eed beloof het, die land wat oorloop van melk en heuning, sal Israel genoeg eet en lekker lewe en dan sal hy ander gode aanhang en hulle dien. Hulle sal My minag en my verbond verbreek.

DEUTERONOMIUM 31:21 (AFR83)

Wanneer baie plae en rampe hom dan tref, sal hierdie lied teen hom getuig, want dit sal nie deur sy nageslag vergeet word nie. Ek weet wat daar vandag in Israel se hart omgaan, hier net voordat Ek hom inbring in die land waaroor Ek 'n eed afgelê het.”

DEUTERONOMIUM 31:22 (AFR83)

Moses het daardie selfde dag nog die lied opgeteken en dit vir die Israeliete geleer.

DEUTERONOMIUM 31:23 (AFR83)

Die Here het ook vir Josua seun van Nun beveel: “Wees sterk, wees dapper! Jy sal die Israeliete inbring in die land wat Ek met 'n eed aan hulle beloof het, en Ek sal by jou wees.”

DEUTERONOMIUM 31:24 (AFR83)

Toe Moses hierdie wet, tot die laaste woord toe, in 'n boek opgeteken het,

DEUTERONOMIUM 31:25 (AFR83)

het hy die Leviete wat die verbondsark van die Here dra, beveel:

DEUTERONOMIUM 31:26 (AFR83)

“Vat hierdie wetboek en sit dit langs die verbondsark van die Here julle God. Dit moet daar bly om teen julle te getuig.

DEUTERONOMIUM 31:27 (AFR83)

Ek weet hoe opstandig en hardkoppig julle is. Terwyl ek nog hier by julle in die lewe is, is julle al opstandig teen die Here, hoeveel te meer nog as ek eers dood is!

DEUTERONOMIUM 31:28 (AFR83)

Maak vir my julle beamptes en al die leiers van julle stamme bymekaar sodat ek al hierdie woorde vir hulle kan sê en die hemel en die aarde as getuies teen hulle kan inroep.

DEUTERONOMIUM 31:29 (AFR83)

Ek weet julle sal na my dood julle ondergang soek deur te verontagsaam wat ek julle beveel het. Wanneer julle in die toekoms doen wat verkeerd is in die oë van die Here, en Hom tart met wat julle doen, sal rampe oor julle kom.”

DEUTERONOMIUM 31:30 (AFR83)

Toe het Moses hierdie lied, tot die laaste woord toe, aan die hele Israel wat daar bymekaar was, voorgehou:

DEUTERONOMIUM 32:1 (AFR83)

“Hoor, hemele, ek praat, luister na my woorde, aarde!

DEUTERONOMIUM 32:2 (AFR83)

My onderrig kom na julle toe soos reënwater, my woorde verkwik julle soos dou, soos sagte reëns op die grassies, soos reënbuie op die graan.

DEUTERONOMIUM 32:3 (AFR83)

Ek wil die Naam van die Here roem. Prys ons God om sy grootheid!

DEUTERONOMIUM 32:4 (AFR83)

Hy is die Rots, sy werk is volmaak, alles wat Hy doen, is regverdig. Hy is die getroue God, sonder onreg, Hy is regverdig en betroubaar.

DEUTERONOMIUM 32:5 (AFR83)

“Israel is ontrou aan die Here, nie meer sy kinders nie, nie geskik vir sy diens nie, vals en korrup.

DEUTERONOMIUM 32:6 (AFR83)

Doen julle dit die Here aan? Jy is 'n dwase volk, sonder verstand. Is die Here nie jou Vader, jou Skepper, nie? Hy het jou gemaak, jou in die lewe gebring.

DEUTERONOMIUM 32:7 (AFR83)

Dink aan die dae lank verby, onthou die jare van die voorgeslagte. Vra jou pa dat hy jou vertel, jou oumense dat hulle jou dit sê.

DEUTERONOMIUM 32:8 (AFR83)

Toe die Allerhoogste vir die nasies hulle besittings gegee het, toe Hy die mense in volke opgedeel het, het Hy vir hulle hulle grense bepaal, soveel as wat daar Israeliete is.

DEUTERONOMIUM 32:9 (AFR83)

Hulle is die Here se volk, sy deel, Jakob is die Here se vaste eiendom.

DEUTERONOMIUM 32:10 (AFR83)

Hy het sy volk in die woestyn gevind, in 'n onbewoonbare land waar woestyndiere skreeu. Die Here het sy volk omhels, hom vertroetel en versorg soos die appel van sy oog.

DEUTERONOMIUM 32:11 (AFR83)

Soos 'n arend wat sy kleintjies uit die nes uitskop, oor hulle fladder en hulle vang op sy vlerke wat hy oopsprei, soos 'n arend wat sy kuikens op sy vlerke dra,

DEUTERONOMIUM 32:12 (AFR83)

so het die Here, net Hy alleen, sy volk gelei; daar was nie 'n ander god by Hom nie.

DEUTERONOMIUM 32:13 (AFR83)

Die Here het sy volk die land in besit laat neem, en hom laat eet van die opbrengs van die lande, hom heuning uit klipskeure laat geniet, olie uit harde klip,

DEUTERONOMIUM 32:14 (AFR83)

botter uit die beestrop, melk van die kleinvee, vet lammers, skaapramme en bokramme uit Basan, die beste koring; die wyn wat jy drink, kom uit die beste druiwe.