Soekresultate vir: Deutsche Telekom Hochschule Leipzig成绩单[办证网:zjw211.com]上海南汇Saint Mary

DEUTERONOMIUM 16:13 (AFR83)

“Jy moet die huttefees sewe dae lank vier nadat jy jou oes van die dorsvloer en die parskuip af ingery het.

DEUTERONOMIUM 17:10 (AFR83)

Handel volgens die uitspraak wat hulle vir jou lewer daar by die plek wat die Here sal kies. Gehoorsaam alles wat hulle jou daar leer, en lewe daarvolgens.

DEUTERONOMIUM 18:21 (AFR83)

Wanneer jy jou afvra: Hoe sal ek die woorde kan uitken wat die Here nie met die profeet gepraat het nie?

DEUTERONOMIUM 18:22 (AFR83)

moet jy weet: as 'n profeet iets in die Naam van die Here aankondig en dit kom nie uit nie en dit gebeur nie so nie, dan het die Here nie met die profeet gepraat nie. Dan het die profeet hom dit aangematig en hoef jy jou nie aan hom te steur nie.”

DEUTERONOMIUM 19:10 (AFR83)

Daar mag nie onskuldige bloed vergiet word in die land wat die Here jou God aan jou as besitting sal gee nie, want dan sal daar bloedskuld op jou rus.

DEUTERONOMIUM 19:21 (AFR83)

Jy mag so 'n persoon nie genade betoon nie: 'n lewe vir 'n lewe, 'n oog vir 'n oog, 'n tand vir 'n tand, 'n hand vir 'n hand en 'n voet vir 'n voet.”

DEUTERONOMIUM 20:4 (AFR83)

Die Here julle God gaan saam met julle om vir julle teen julle vyande te veg, om julle die oorwinning te laat behaal.’

DEUTERONOMIUM 20:6 (AFR83)

Wie het 'n wingerd geplant en nog nie van sy vrugte geëet nie? Hy moet teruggaan huis toe sodat hy nie in die oorlog omkom en 'n ander van sy wingerd eet nie.

DEUTERONOMIUM 20:8 (AFR83)

Verder moet die leiers nog vir die volk sê: ‘Wie is bang? Wie bewe? Hy moet teruggaan huis toe sodat hy nie sy volksgenote laat moed verloor soos hy nie.’

DEUTERONOMIUM 20:9 (AFR83)

“Wanneer die leiers met die volk gepraat het, moet daar leëraanvoerders aangestel word.

DEUTERONOMIUM 20:17 (AFR83)

Jy moet die Hetiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete om die lewe bring as 'n banoffer aan die Here jou God soos Hy jou beveel het.

DEUTERONOMIUM 20:18 (AFR83)

Hulle mag julle nie leer om al die afskuwelike afgodsbeelde te maak wat hulle vir hulle as gode gemaak het nie. Hulle mag julle nie teen die Here julle God laat sondig nie.

DEUTERONOMIUM 21:3 (AFR83)

Die leiers van die stad naaste aan die lyk moet dan 'n vers vat wat nog nooit in 'n juk getrek het nie

DEUTERONOMIUM 22:4 (AFR83)

Jy mag nie onverskillig staan teenoor 'n donkie of 'n bees van jou volksgenoot as jy dit sien val nie. Jy moet hom die dier help optel.

DEUTERONOMIUM 22:10 (AFR83)

“Jy mag nie 'n bees en 'n donkie saam voor 'n ploeg inspan nie.

DEUTERONOMIUM 22:19 (AFR83)

en hom met elf honderd en veertig gram silwer beboet. Hulle moet die geld vir haar pa gee omdat die man haar, 'n maagd van Israel, 'n slegte naam laat kry het. Sy sal ook die man se vrou bly. Hy mag nooit van haar skei nie.

DEUTERONOMIUM 23:7 (AFR83)

“Jy mag egter nie 'n Edomiet wegstoot nie, want hy is jou bloedverwant; ook nie 'n Egiptenaar nie, want jy was 'n vreemdeling in sy land.

DEUTERONOMIUM 23:10 (AFR83)

As daar iemand by jou is wat nie rein is nie op grond van iets wat in die nag met hom gebeur het, moet hy uit die kamp uit gaan. Hy mag nie in die kamp wees nie.

DEUTERONOMIUM 23:21 (AFR83)

“Wanneer jy 'n gelofte aflê teenoor die Here jou God, moet jy nie traag wees om dit na te kom nie, anders sal die Here jou God jou tot verantwoording roep en sal jy skuldig wees.

DEUTERONOMIUM 23:25 (AFR83)

Wanneer jy in jou buurman se koringland ingaan, mag jy are pluk met jou hand, maar jy mag nie 'n sekel in sy koringland gebruik nie.”

DEUTERONOMIUM 24:5 (AFR83)

“Wanneer 'n man pas getroud is, mag hy nie saam met die leër optrek om te gaan oorlog maak nie. Hy mag ook nie met enige verpligting belas word nie. 'n Jaar lank moet hy van alles vrygestel wees om sy vrou met wie hy getroud is, gelukkig te maak.

DEUTERONOMIUM 24:15 (AFR83)

Jy moet hom sy loon nog dieselfde dag gee, voor die son ondergaan, want hy is arm en reken op sy loon. As jy dit nie doen nie, sal hy by die Here kla oor jou en sal jy skuldig wees.

DEUTERONOMIUM 25:3 (AFR83)

Hy mag nie meer as veertig houe kry nie, want as hy meer as dit kry, word jou volksgenoot voor jou oë verkleineer.

DEUTERONOMIUM 28:58 (AFR83)

“Sorg dat jy lewe volgens al die bepalings van hierdie wet wat in hierdie boek opgeteken is, dat jy eerbied betoon aan die Here jou God, Hy aan wie se Naam eer en ontsag toekom.