Soekresultate vir: Deutsche Telekom Hochschule Leipzig成绩单[办证网:zjw211.com]上海南汇Saint Mary

DEUTERONOMIUM 22:7 (AFR83)

Jy mag die kleintjies vir jou vat, maar jy moet die wyfie laat wegvlieg. Dan sal dit goed gaan met jou, en sal jy 'n lang lewe hê.

DEUTERONOMIUM 22:9 (AFR83)

“Jy mag nie 'n ander gewas in jou wingerd plant nie. As jy dit doen, sal die opbrengs van die gewas, sowel as die druiweoes die tempel toekom.

DEUTERONOMIUM 22:30 (AFR83)

“'n Seun mag nie met sy pa se vrou trou nie. 'n Seun mag nie gemeenskap hê met 'n vrou wat aan sy pa behoort nie.”

DEUTERONOMIUM 23:8 (AFR83)

Kinders uit hulle derde geslag mag lid word van die gemeente.”

DEUTERONOMIUM 23:17 (AFR83)

“Jy mag nie prostitute by die tempel aanhou nie, of dit nou vrouens of mans uit Israel is.

DEUTERONOMIUM 23:22 (AFR83)

Wanneer jy nie 'n gelofte aflê nie, sal jy nie skuldig wees nie,

DEUTERONOMIUM 25:13 (AFR83)

“Jy mag nie met gewigte werk wat nou sus dan so, nou groot dan klein is nie.

DEUTERONOMIUM 26:13 (AFR83)

Dan moet jy in die teenwoordigheid van die Here jou God sê: ‘Ek het die gewyde deel uit my huis uit weggeneem en aan die Leviet, die vreemdeling, die weeskind en die weduwee gegee soos U my beveel het in al u gebooie. Ek het nie een van u gebooie oortree nie. Ek het hulle nie vergeet nie.

DEUTERONOMIUM 26:17 (AFR83)

Jy het vandag verklaar dat die Here jou God is, en dat jy volgens sy wil sal lewe, dat jy sy voorskrifte en gebooie en bepalings sal gehoorsaam en dat jy na Hom sal luister.

DEUTERONOMIUM 27:12 (AFR83)

“Wanneer julle deur die Jordaanrivier getrek het, moet die volgende stamme op Gerisimberg gaan staan: Simeon, Levi, Juda, Issaskar, Josef en Benjamin. Hulle moet die volk seën.

DEUTERONOMIUM 27:17 (AFR83)

“Daar rus 'n vloek op elkeen wat die grenslyn van sy buurman verlê! “Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’

DEUTERONOMIUM 27:18 (AFR83)

“Daar rus 'n vloek op elkeen wat 'n blinde op 'n verkeerde pad lei! “Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’

DEUTERONOMIUM 27:20 (AFR83)

“Daar rus 'n vloek op elkeen wat gemeenskap het met sy pa se vrou, want hy het haar wat aan sy pa behoort, ontbloot. “Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’

DEUTERONOMIUM 27:21 (AFR83)

“Daar rus 'n vloek op elkeen wat gemeenskap het met enige dier! “Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’

DEUTERONOMIUM 28:34 (AFR83)

en jy sal kranksinnig word van wat jy sien.

DEUTERONOMIUM 28:36 (AFR83)

“Die Here sal jou en die koning wat jy vir jou sal aanstel, na 'n nasie toe laat gaan wat jy en jou voorvaders nie geken het nie, en daar sal jy ander gode dien: hout en klip.

DEUTERONOMIUM 28:41 (AFR83)

Jy sal seuns en dogters hê, maar jy sal hulle nie behou nie, want hulle sal as ballinge weggevoer word.

DEUTERONOMIUM 28:43 (AFR83)

Die vreemdeling wat by jou woon, sal meer en meer kry, en jy sal agteruitboer en minder en minder hê.

DEUTERONOMIUM 28:45 (AFR83)

Al hierdie strawwe sal oor jou kom. Hulle sal jou tref en by jou bly totdat jy uitgeroei is, omdat jy nie na die opdrag van die Here jou God geluister het nie en nie sy gebooie en voorskrifte wat Hy jou gegee het, gehoorsaam het nie.

DEUTERONOMIUM 28:46 (AFR83)

Die gebooie en voorskrifte moet altyd vir jou en jou kinders 'n waarskuwingsteken wees.

DEUTERONOMIUM 28:51 (AFR83)

Hy sal die aanteel van jou vee en die opbrengs van jou land opeet totdat hy jou uitgeroei het. Hy sal nie vir jou koring of wyn of olie laat oorbly nie, ook nie van die aanteel van jou grootvee en jou kleinvee nie. Jou vyand sal dit doen totdat hy jou ondergang bewerk het.

DEUTERONOMIUM 28:55 (AFR83)

Hy sal vir nie een van hulle die vleis van sy eie kinders gee wat hy eet nie, want dan hou hy niks vir homself oor nie. Dit is wat sal gebeur wanneer jou vyand jou beleër en jou laat swaarkry in al jou stede.

DEUTERONOMIUM 28:56 (AFR83)

Die sagste en mees verfynde vrou by jou wat nie eers sal probeer om 'n voet op die grond te sit nie, so verfyn en sag is sy, sal vir haar man vir wie sy lief is, of vir haar seun of haar dogter niks omgee nie. Sy sal hulle nie laat eet

DEUTERONOMIUM 28:59 (AFR83)

As jy dit nie doen nie, sal Hy ontsettende rampe oor jou en jou nageslag bring, groot en langdurige rampe, kwaadaardige en ongeneeslike siektes.

DEUTERONOMIUM 28:67 (AFR83)

In die môre sal jy sê: ‘Was dit maar aand!’ en in die aand sal jy sê: ‘Was dit maar môre!’ so vol vrees sal jy wees en sulke vreeslike dinge sal jy belewe.