Soekresultate vir: Deutsche Telekom Hochschule Leipzig成绩单[办证网:zjw211.com]上海南汇Saint Mary
DEUTERONOMIUM 11:28 (AFR83)
die straf sal kom as julle ongehoorsaam is aan die gebooie van die Here julle God en die pad verlaat wat ek julle vandag aangewys het en ander gode aanhang waarvan julle nou nog nie eers weet nie.
DEUTERONOMIUM 12:4 (AFR83)
Julle mag nie die Here julle God dien op die manier waarop ander nasies hulle gode dien nie.
DEUTERONOMIUM 12:5 (AFR83)
Julle moet na die wil van God gaan vra op die plek wat die Here julle God sal kies uit al julle stamgebiede om sy Naam daar te vestig en daar te woon. Daarheen moet julle gaan
DEUTERONOMIUM 12:23 (AFR83)
Julle moet net sorg dat julle nie die bloed eet nie, want die lewe van 'n dier is in sy bloed, en julle mag nie die lewe saam met die vleis eet nie.
DEUTERONOMIUM 13:18 (AFR83)
want dan luister jy na die Here jou God en gehoorsaam jy al sy gebooie wat ek jou vandag gee, deurdat jy doen wat reg is in die oë van die Here jou God.”
DEUTERONOMIUM 14:1 (AFR83)
“Julle is kinders van die Here julle God. Julle mag julle nie stukkend kerf of die hare voor op julle kop afskeer as julle oor 'n afgestorwene treur nie.
DEUTERONOMIUM 14:20 (AFR83)
Julle mag net rein voëls eet.
DEUTERONOMIUM 15:3 (AFR83)
Jy mag wel 'n nie-Israeliet dwing om sy skuld te betaal, maar as 'n mede-Israeliet jou iets skuld, moet jy dit vir hom afskryf.
DEUTERONOMIUM 15:11 (AFR83)
Daar sal altyd armes in jou land wees, en daarom het ek jou beveel om vrygewig te wees teenoor jou mede-Israeliet wat in nood is en arm is.”
DEUTERONOMIUM 15:16 (AFR83)
“Maar as dit sou gebeur dat jou slaaf vir jou sê: ‘Ek wil nie van u af weggaan nie, want ek het u en u familie lief,’ omdat hy dit goed by jou het,
DEUTERONOMIUM 15:19 (AFR83)
“Jy moet elke manlike eersteling wat daar onder jou grootvee en jou kleinvee gebore word, aan die Here jou God wy. Jy mag nie die eersteling van jou grootvee laat werk nie, en die eersteling van jou kleinvee mag jy nie skeer nie.
DEUTERONOMIUM 15:22 (AFR83)
Jy moet dit dan in jou woonplek eet en enigiemand, rein of onrein, mag daarvan eet asof dit 'n ribbok of 'n takbok is.
DEUTERONOMIUM 15:23 (AFR83)
Maar jy mag nie die bloed daarvan eet nie; gooi dit op die grond uit asof dit water is.”
DEUTERONOMIUM 18:1 (AFR83)
“Die Levitiese priesters, die afstammelinge van Levi, sal nie tussen die Israeliete grond as besitting kry nie. Die hele Levistam sal die vuuroffers eet wat vir die Here gebring is, wat aan Hom behoort.
DEUTERONOMIUM 18:13 (AFR83)
Jy moet opreg wees voor die Here jou God.
DEUTERONOMIUM 18:15 (AFR83)
“Die Here jou God sal 'n profeet onder jou na vore laat kom, een van jou volksgenote. Hy sal soos ek wees. Vir hom moet jy gehoorsaam.
DEUTERONOMIUM 19:6 (AFR83)
As die pad na so 'n stad toe te lank sou wees, sou dit kon gebeur dat 'n familielid wat in sy woede die ander se dood wil wreek, die man wat hom doodgemaak het, agtervolg en inhaal en doodmaak al is daar nie 'n misdaad gepleeg wat die dood verdien nie: daar was mos nie voorheen vyandskap tussen hulle nie.
DEUTERONOMIUM 19:15 (AFR83)
“Daar mag nie net een persoon teen iemand getuig nie, al was die oortreding of die misdaad ook wat, al het hy ook hoe verkeerd gehandel. 'n Beskuldiging kan net bewys word deur die getuienis van twee of drie getuies.
DEUTERONOMIUM 20:1 (AFR83)
“Wanneer jy teen jou vyande gaan oorlog maak en jy merk hulle het perde en strydwaens en hulle is meer as jy, moet jy nie vir die vyande bang wees nie. Die Here jou God wat jou uit Egipte laat trek het, is by jou.
DEUTERONOMIUM 20:7 (AFR83)
Wie het verloof geraak maar is nog nie getroud nie? Hy moet teruggaan huis toe sodat hy nie in die oorlog omkom en 'n ander met sy verloofde trou nie.’
DEUTERONOMIUM 21:15 (AFR83)
“Wanneer 'n man twee vrouens het, een wat hy liefhet en een van wie hy nie hou nie, en albei het vir hom kinders in die wêreld gebring, en die oudste seun is die kind van die vrou van wie hy nie hou nie,
DEUTERONOMIUM 22:1 (AFR83)
“Jy mag jou nie blind hou wanneer jy 'n verdwaalde bees of skaap van jou volksgenoot sien nie. Jy moet dit na hom toe terugvat.
DEUTERONOMIUM 22:3 (AFR83)
So moet jy ook maak met 'n donkie of 'n kledingstuk van jou volksgenoot of enigiets anders wat wegraak en jy kry dit. Jy mag nie onverskillig staan daarteenoor nie.
DEUTERONOMIUM 22:5 (AFR83)
“'n Vrou mag nie mansklere dra nie, en 'n man mag nie vrouensklere aantrek nie. Die Here jou God het 'n afsku van mense wat dit doen.
DEUTERONOMIUM 22:6 (AFR83)
“Wanneer jy afkom op 'n voëlnes in 'n boom of op die grond, en daar is kleintjies of eiers in die nes en die wyfie sit daarop, mag jy nie die wyfie saam met die kleintjies vir jou vat nie.