Soekresultate vir: Deutsche Telekom Hochschule Leipzig成绩单[办证网:zjw211.com]上海南汇Saint Mary

DEUTERONOMIUM 19:12 (AFR83)

moet die leiers van sy stad hom van daar af laat haal en hom oorgee in die mag van die familielid wat die ander se dood wil wreek, en die familielid mag hom doodmaak.

DEUTERONOMIUM 19:16 (AFR83)

“Wanneer 'n kwaadwillige getuie iemand van ontrou aan die Here beskuldig,

DEUTERONOMIUM 19:17 (AFR83)

moet die twee mans wat in die saak betrokke is, voor die Here verskyn, voor die priesters en die regters wat aan diens is.

DEUTERONOMIUM 19:18 (AFR83)

Die regters moet die saak deeglik ondersoek en as dit blyk dat die persoon wat sy volksgenoot beskuldig het, 'n vals getuie is,

DEUTERONOMIUM 20:13 (AFR83)

Die Here jou God sal dit in jou mag oorgee. Dan moet jy al die manlike inwoners daarvan om die lewe bring,

DEUTERONOMIUM 20:16 (AFR83)

Uit die stede van hierdie volke wat deur die Here jou God aan jou as besitting gegee word, mag jy niks laat bly lewe nie.

DEUTERONOMIUM 21:2 (AFR83)

moet jou leiers en jou regters uitgaan en die afstand meet van hom af tot by die stede in die omgewing.

DEUTERONOMIUM 21:10 (AFR83)

“Wanneer jy gaan oorlog maak, en die Here jou God gee jou vyande in jou mag oor, en jy neem krygsgevangenes

DEUTERONOMIUM 21:19 (AFR83)

moet hulle hom na die leiers van die stad toe vat by die stadspoort.

DEUTERONOMIUM 21:23 (AFR83)

mag sy lyk nie die nag daaraan bly hang nie. Jy moet hom dieselfde dag nog begrawe, want wie opgehang word, is deur God vervloek. Jy mag nie die land wat deur die Here jou God aan jou as besitting gegee is, verontreinig nie.”

DEUTERONOMIUM 22:2 (AFR83)

As hy nie naby jou bly nie of as jy hom nie ken nie, moet jy die dier na jou huis toe vat, en dit moet daar bly tot hy dit kom soek. Dan moet jy dit vir hom teruggee.

DEUTERONOMIUM 22:14 (AFR83)

en haar van slegte gedrag beskuldig en haar 'n slegte naam laat kry deurdat hy sê: ‘Ek het hierdie vrou getrou en met haar gemeenskap gehad, maar ek het nie enige tekens dat sy 'n maagd was, by haar gevind nie.’

DEUTERONOMIUM 22:15 (AFR83)

Dan moet haar pa en haar ma die tekens dat sy 'n maagd was, na die leiers van die stad toe bring in die stadspoort

DEUTERONOMIUM 22:17 (AFR83)

Hy beskuldig haar van slegte gedrag deurdat hy sê hy het nie enige tekens dat sy 'n maagd was, by haar gevind nie. Maar hier is die tekens dat my dogter 'n maagd was.’ Dan moet haar pa haar nagklere vir die leiers van die stad wys.

DEUTERONOMIUM 22:22 (AFR83)

“Wanneer 'n man betrap word terwyl hy gemeenskap het met 'n ander man se vrou, moet die man en die vrou wat gemeenskap gehad het, altwee doodgemaak word. So moet jy hierdie soort kwaad tussen die Israeliete uitroei.

DEUTERONOMIUM 22:23 (AFR83)

“Wanneer 'n man 'n verloofde meisie in die stad raakloop en met haar gemeenskap het,

DEUTERONOMIUM 22:24 (AFR83)

moet jy altwee na die stadspoort toe uitbring en met klippe doodgooi. Hulle moet sterf: die meisie omdat sy nie in die stad om hulp geroep het nie en die man omdat hy die verloofde van sy volksgenoot onteer het. So moet jy hierdie soort kwaad tussen julle uitroei.

DEUTERONOMIUM 22:25 (AFR83)

Maar as 'n man 'n verloofde meisie in die veld raakloop en haar oorweldig en met haar gemeenskap het, moet net die man sterf.

DEUTERONOMIUM 22:26 (AFR83)

Die meisie moet ongestraf bly. Sy het niks gedoen wat die dood verdien nie, want in haar geval is dit soos wanneer 'n man iemand gryp en vermoor.

DEUTERONOMIUM 22:28 (AFR83)

“Wanneer 'n man 'n meisie wat nie verloof is nie, raakloop en haar gryp en met haar gemeenskap het, en hulle word betrap,

DEUTERONOMIUM 22:29 (AFR83)

moet die man wat met haar gemeenskap gehad het, vyf honderd en sewentig gram silwer aan haar pa gee en met haar trou. Hy het haar onteer en daarom mag hy nooit van haar skei nie.

DEUTERONOMIUM 23:3 (AFR83)

Geen Ammoniet of Moabiet mag lid van die gemeente word nie. Niemand uit hulle nageslag mag ooit lid van die gemeente word nie, selfs nie eers een van die tiende geslag nie.

DEUTERONOMIUM 10:10 (AFR83)

Moses het verder gesê: “Soos die eerste keer het ek veertig dae en nagte op die berg gebly. Ook hierdie keer het die Here na my geluister. Hy wou jou nie meer uitroei nie.

DEUTERONOMIUM 11:16 (AFR83)

“Pas op dat julle nie verlei word om ander gode te gaan dien en vereer nie,

DEUTERONOMIUM 11:20 (AFR83)

Skryf dit op jou deurkosyne en op jou stadspoorte.