Soekresultate vir: Deutsche Telekom Hochschule Leipzig成绩单[办证网:zjw211.com]上海南汇Saint Mary
DEUTERONOMIUM 27:2 (AFR83)
Wanneer jy deur die Jordaanrivier trek op pad na die land toe wat die Here jou God aan jou gee, moet jy groot klippe opstapel en hulle met kalk afwit.
DEUTERONOMIUM 27:3 (AFR83)
Wanneer jy deurtrek om die land in te gaan, die land wat die Here jou God aan jou sal gee, die land wat oorloop van melk en heuning, soos die Here jou God aan jou voorvaders beloof het, moet jy al die woorde van hierdie wet op die klippe skryf.
DEUTERONOMIUM 27:5 (AFR83)
Daar moet jy 'n klipaltaar bou vir die Here jou God. Jy mag die klip nie kap nie.
DEUTERONOMIUM 27:8 (AFR83)
Jy moet hierdie hele wet duidelik leesbaar skryf op die klippe wat jy opstapel.”
DEUTERONOMIUM 27:9 (AFR83)
Moses en die Levitiese priesters het vir die hele Israel gesê: “Bly stil en luister, Israel! Vandag het jy die volk van die Here jou God geword.
DEUTERONOMIUM 27:10 (AFR83)
Jy moet na die Here jou God luister en jy moet lewe volgens die gebooie en die voorskrifte wat ek jou vandag beveel.”
DEUTERONOMIUM 27:11 (AFR83)
Op dieselfde dag het Moses vir die volk gesê:
DEUTERONOMIUM 3:11 (AFR83)
Net koning Og van Basan het destyds nog van die Refaïete oorgebly. Sy bed was van yster. Dit was sowat vier meter lank en amper twee meter breed, en is nou nog te sien in Rabba van die Ammoniete.
DEUTERONOMIUM 4:6 (AFR83)
Gehoorsaam die voorskrifte en lewe daarvolgens, want daaraan sal die ander volke sien dat julle wysheid en insig het. Hulle sal van al hierdie voorskrifte hoor en sê: ‘Net hierdie groot nasie het wysheid en insig.’
DEUTERONOMIUM 4:14 (AFR83)
Die Here het my destyds beveel om julle die voorskrifte en die bepalings te leer sodat julle daarvolgens kan lewe in die land waarheen julle sal deurtrek om dit in besit te gaan neem.
DEUTERONOMIUM 4:17 (AFR83)
nie van enige dier op die aarde of van enige voël in die lug nie,
DEUTERONOMIUM 4:18 (AFR83)
nie van enigiets wat op die aarde kruip of van enige vis in die waters onder die aarde nie.
DEUTERONOMIUM 4:20 (AFR83)
“Vir julle het die Here gevat en uit die ystersmeltoond, uit Egipte, uitgelei om sy volk te wees wat aan Hom behoort soos dit vandag dan ook die geval is.
DEUTERONOMIUM 4:36 (AFR83)
Hy het julle sy stem uit die hemel laat hoor om julle te onderrig en Hy het julle sy groot vuur op die aarde laat sien en julle het sy woorde uit die vuur uit gehoor.
DEUTERONOMIUM 4:47 (AFR83)
Hulle het Sihon se gebied en dié van koning Og van Basan in besit geneem. Sihon en Og was die twee Amoritiese konings aan die oostekant van die Jordaan,
DEUTERONOMIUM 5:16 (AFR83)
“ ‘Eer jou vader en jou moeder, soos die Here jou God jou beveel het, dan sal jy 'n lang lewe hê en sal dit goed gaan met jou in die land wat die Here jou God vir jou gee.
DEUTERONOMIUM 5:19 (AFR83)
“ ‘Jy mag nie steel nie.
DEUTERONOMIUM 5:24 (AFR83)
en gesê: ‘Die Here ons God het ons sy mag en sy grootheid laat sien, en ons het sy stem uit die vuur uit gehoor. Vandag het ons ondervind dat God met mense praat, en hulle bly lewe.
DEUTERONOMIUM 6:6 (AFR83)
“Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly.
DEUTERONOMIUM 6:11 (AFR83)
huise vol voorrade waarvoor jy nie gewerk het nie, putte wat jy nie uitgekap het nie, wingerde en olyfboorde wat jy nie geplant het nie, en jy sal kos in oorvloed hê.
DEUTERONOMIUM 6:13 (AFR83)
Jy moet die Here jou God eer en dien en net in sy Naam 'n eed aflê.
DEUTERONOMIUM 7:8 (AFR83)
Omdat die Here jou liefhet en Hy sy belofte nakom wat Hy met 'n eed bekragtig het aan jou voorvaders, het Hy jou deur sy groot krag laat wegtrek en jou bevry uit die plek van slawerny, uit die mag van die farao, die koning van Egipte.
DEUTERONOMIUM 7:10 (AFR83)
maar Hy straf elkeen wat Hom haat, Hy bring hom om, Hy laat nie na om elkeen wat Hom haat, te straf nie.
DEUTERONOMIUM 7:14 (AFR83)
Dit sal met jou beter gaan as met al die volke. Nie een van jou mense of jou vee sal onvrugbaar wees nie.
DEUTERONOMIUM 7:18 (AFR83)
“Moenie vir hulle bang wees nie. Dink net wat die Here jou God met die farao en die hele Egipte gedoen het.