Soekresultate vir: Deutsche Telekom Hochschule Leipzig成绩单[办证网:zjw211.com]上海南汇Saint Mary

DEUTERONOMIUM 20:20 (AFR83)

Net bome wat jy weet nie vrugte dra wat geëet kan word nie, mag jy beskadig. Jy kan hulle afkap om beleëringswerke te bou teen die stad wat met jou oorlog maak solank jy dit nog nie ingeneem het nie.”

DEUTERONOMIUM 21:1 (AFR83)

“Wanneer iemand wat om die lewe gebring is, gekry word waar hy in die veld lê in die land wat die Here jou God aan jou as besitting sal gee, en niemand weet wie hom doodgemaak het nie,

DEUTERONOMIUM 21:4 (AFR83)

en haar na 'n spruit toe bring wat loop en waar daar nie geploeg of gesaai is nie. Daar by die spruit moet hulle die vers se nek breek.

DEUTERONOMIUM 21:6 (AFR83)

Al die leiers van die stad naaste aan die lyk moet dan hulle hande was bo-oor die vers waarvan die nek gebreek is by die spruit,

DEUTERONOMIUM 21:7 (AFR83)

en sê: ‘Ons het nie hierdie bloed vergiet nie en ons het ook nie gesien wie dit gedoen het nie.

DEUTERONOMIUM 21:8 (AFR83)

Here, U wat vir Israel verlos het, spreek tog u volk vry en moenie dat die skuld van bloed wat onskuldig vergiet is, op u volk Israel bly nie.’ Dan sal hulle vry wees van die skuld vir die dood van die man.

DEUTERONOMIUM 21:14 (AFR83)

As jy later nie meer lief is vir haar nie, moet jy haar laat gaan waarheen sy wil. Jy mag haar nie verkoop nie, jy mag haar ook nie as slavin gebruik nie, want jy het met haar gemeenskap gehad.

DEUTERONOMIUM 22:21 (AFR83)

moet hulle haar by die deur van haar pa se huis laat uitkom en die mans van die stad moet haar daar met klippe doodgooi. Sy moet sterf omdat sy 'n ongehoorde ding in Israel gedoen het deurdat sy met 'n man geslagsgemeenskap gehad het terwyl sy nog ongetroud was. So moet jy hierdie soort kwaad tussen julle uitroei.

DEUTERONOMIUM 23:14 (AFR83)

Die Here jou God gaan saam met jou in jou kamp om jou te bevry deur jou vyande in jou mag oor te gee, en daarom moet jou kamp rein wees. As die Here iets onbetaamliks by jou sien, sal Hy jou verlaat.”

DEUTERONOMIUM 23:15 (AFR83)

“Jy mag nie 'n slaaf wat van sy eienaar af na jou toe weggeloop het, aan sy eienaar teruggee nie.

DEUTERONOMIUM 23:23 (AFR83)

maar as jy vrywillig 'n gelofte teenoor die Here jou God aflê, moet jy versigtig wees met wat jy sê en moet jy die gelofte nakom.

DEUTERONOMIUM 23:24 (AFR83)

“Wanneer jy in jou buurman se wingerd ingaan, mag jy net soveel druiwe eet as jy wil om jou honger te stil, maar jy mag niks in jou sak sit nie.

DEUTERONOMIUM 24:3 (AFR83)

As haar tweede man haar ook later nie meer liefhet nie en 'n skeibrief skryf en dit vir haar gee en haar uit sy huis uit wegstuur, of as haar tweede man sterf,

DEUTERONOMIUM 24:8 (AFR83)

“Jy moet versigtig wees as melaatsheid jou tref. Jy moet versigtig wees en presies doen wat die Levitiese priesters jou voorhou. Ek het hulle alles beveel, en jy moet versigtig wees en dit doen.

DEUTERONOMIUM 24:9 (AFR83)

Jy moet onthou wat die Here jou God vir Mirjam aangedoen het toe julle uit Egipte weggetrek het.

DEUTERONOMIUM 24:11 (AFR83)

Jy moet buite staan en die man aan wie jy geleen het, moet vir jou die pand uitbring buite toe.

DEUTERONOMIUM 24:17 (AFR83)

“Jy mag nie die regte van 'n vreemdeling of van 'n weeskind van hulle af wegvat nie. Jy mag nie die klere van 'n weduwee as pand neem nie.

DEUTERONOMIUM 24:20 (AFR83)

Wanneer jy olywe afslaan van jou olyfboom af, mag jy nie agterna weer gaan afslaan nie. Wat agtergebly het, moet bly vir 'n vreemdeling of 'n weeskind of 'n weduwee.

DEUTERONOMIUM 25:4 (AFR83)

“Jy mag nie 'n bees waarmee jy graan dors, se bek toebind nie.”

DEUTERONOMIUM 25:5 (AFR83)

“Wanneer broers saamwoon, en een van hulle sterf sonder 'n seun, mag sy weduwee nie met 'n buitestaander trou nie. Haar man se broer moet met haar trou en so sy verantwoordelikheid nakom teenoor sy broer.

DEUTERONOMIUM 25:11 (AFR83)

“Wanneer twee mans baklei, en die een se vrou kom help haar man teen die een deur wie haar man geslaan word en sy gryp die ander man aan sy geslagsorgane,

DEUTERONOMIUM 25:14 (AFR83)

“Jy mag nie met inhoudsmate werk wat nou sus dan so, nou groot dan klein is nie.

DEUTERONOMIUM 25:18 (AFR83)

Hy het jou van agter af aangeval toe jy moeg en uitgeput was, en hy het almal wat nie kon byhou nie, om die lewe gebring sonder om hom aan God te steur.

DEUTERONOMIUM 25:19 (AFR83)

Wanneer die Here jou God jou die oorwinning laat behaal het oor al jou vyande rondom jou en jy rustig woon in die land wat die Here jou God aan jou gee as jou eiendom en jy dit besit, moet jy die naam van Amalek van die aarde af uitwis. Jy mag nie vergeet om dit te doen nie.”

DEUTERONOMIUM 26:2 (AFR83)

moet jy van elke eerste oes wat jy insamel in die land wat die Here jou God aan jou gee, 'n deel vat en dit in 'n mandjie sit en daarmee na die plek toe gaan wat die Here jou God sal kies om sy Naam daar te laat woon.