Soekresultate vir: Deutsche Telekom Hochschule Leipzig成绩单[办证网:zjw211.com]上海南汇Saint Mary

DEUTERONOMIUM 26:19 (AFR83)

dat Hy jou oor al die nasies wat Hy gemaak het, sal stel en aan jou meer lof en roem en eer sal gee as aan hulle, en dat jy 'n volk sal wees wat aan die Here jou God gewy sal wees soos Hy beloof het.”

DEUTERONOMIUM 27:6 (AFR83)

Jy moet die altaar vir die Here jou God bou van onbewerkte klip en daarop moet jy jou brandoffers aan die Here jou God offer.

DEUTERONOMIUM 27:15 (AFR83)

“Daar rus 'n vloek op elkeen wat 'n afgodsbeeld uitsny of giet en dit in die geheim êrens neersit om te vereer. Die Here het 'n afsku daarvan. Dit is mensewerk. “Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’

DEUTERONOMIUM 28:3 (AFR83)

“Jy sal geseën wees in die stad, jy sal geseën wees in die oop veld.

DEUTERONOMIUM 28:5 (AFR83)

“Jou oesmandjie en jou knieskottel sal geseën wees.

DEUTERONOMIUM 28:11 (AFR83)

Die Here sal jou oorlaai met die goeie: met 'n nageslag, met die aanteel van jou vee, met die opbrengs van jou grond in die land wat die Here met 'n eed aan jou voorvaders beloof het om aan jou te gee.

DEUTERONOMIUM 28:22 (AFR83)

“Die Here sal jou tref met tering, inflammasie en koorssiekte, met hitte, met oorlog en met brandkoring en roes. Dit sal by jou bly totdat jy uitgewis is.

DEUTERONOMIUM 28:48 (AFR83)

sal jy jou vyande wat deur die Here teen jou gestuur sal word, moet dien. Jy sal dit doen terwyl jy honger en dors en sonder klere is en gebrek ly, en jou vyand sal 'n ysterjuk op jou nek sit totdat hy jou uitgeroei het.

DEUTERONOMIUM 28:54 (AFR83)

Selfs die sagste en mees verfynde man by jou sal niks omgee vir sy broer of sy lieflingvrou of sy kind wat nog lewe nie.

DEUTERONOMIUM 28:61 (AFR83)

Die Here sal ook al die siektes en rampe wat nie in hierdie wetboek genoem is nie, oor jou laat kom totdat Hy jou uitgeroei het.

DEUTERONOMIUM 28:62 (AFR83)

“Julle was so baie soos die sterre aan die hemelruim, maar daar sal net 'n klompie van julle oorbly omdat jy nie die Here jou God gehoorsaam het nie.

DEUTERONOMIUM 28:65 (AFR83)

Onder daardie nasies sal jy nie vrede vind nie, nie eers 'n rusplek vir jou voete nie. Die Here sal jou daar 'n hart vol angs gee, oë wat ingee, 'n lewe wat wegkwyn.

DEUTERONOMIUM 29:1 (AFR83)

Behalwe die verbond wat Moses by Horeb met die Israeliete gesluit het, het hy op bevel van die Here ook in Moab 'n verbond met hulle gesluit. Hier volg die inhoud daarvan.

DEUTERONOMIUM 29:8 (AFR83)

en hulle land afgevat en dit as besitting gegee aan Ruben en Gad en aan die halwe Manassestam.

DEUTERONOMIUM 29:15 (AFR83)

Hy sluit die verbond met almal wat vandag hier saam met ons voor Hom, die Here ons God staan, maar ook met hulle wat nie vandag hier saam met ons is nie.

DEUTERONOMIUM 29:18 (AFR83)

Pas op dat daar nie dalk onder julle 'n man of 'n vrou, 'n familie of 'n stam is wat vandag afvallig word van die Here ons God en die gode van daardie nasies gaan dien nie. As daar so iemand is, so 'n gifwortel wat alles kan vergiftig,

DEUTERONOMIUM 29:19 (AFR83)

kan hy homself dalk probeer gerusstel wanneer hy hierdie woorde hoor, en kan hy dalk sê: ‘Ek is veilig al volg ek my eie harde kop.’ Maar dit sal lei tot ellende en swaarkry,

DEUTERONOMIUM 29:20 (AFR83)

want die Here sal nie so iemand wil vergewe nie. Die toorn, die verontwaardiging van die Here, sal teen so iemand ontbrand en elke vloek wat in hierdie boek opgeteken is, sal hom tref. Die Here sal die herinnering aan so iemand van die aarde af wegvee.

DEUTERONOMIUM 29:22 (AFR83)

“Wanneer die nageslag, julle kinders wat ná julle kom, en vreemdes wat van ver af kom, die plae in hierdie land sien en ook die siektes wat deur die Here daarin gebring word, sal hulle sê:

DEUTERONOMIUM 29:24 (AFR83)

“Dan sal al die nasies vra: ‘Waarom het die Here dit met hierdie land gedoen? Waarom het hierdie groot toorn ontvlam?’

DEUTERONOMIUM 29:27 (AFR83)

Daarom het die toorn van die Here teen hierdie land ontvlam en het Hy al die strawwe wat in hierdie boek opgeteken is, oor die land gebring.

DEUTERONOMIUM 30:1 (AFR83)

“Wanneer al hierdie dinge, die seën en die straf wat ek jou voorgehou het, oor jou kom en jy daar tussen al die nasies waarheen die Here jou God jou verdryf het, daaraan dink

DEUTERONOMIUM 30:20 (AFR83)

Om die Here jou God lief te hê, Hom te gehoorsaam en Hom aan te hang, sal vir jou lewe gee en jou lank laat woon in die land wat die Here met 'n eed aan jou voorvaders Abraham, Isak en Jakob beloof het om aan hulle te gee.”

DEUTERONOMIUM 31:2 (AFR83)

en vir hulle gesê: “Ek is nou honderd en twintig jaar oud, ek kan nie meer gaan oorlog maak nie. Die Here het vir my gesê: ‘Jy mag nie deur die Jordaan trek nie.’

DEUTERONOMIUM 31:6 (AFR83)

Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.”