Soekresultate vir: Deutsche Telekom Hochschule Leipzig成绩单[办证网:zjw211.com]上海南汇Saint Mary

DEUTERONOMIUM 10:6 (AFR83)

“Die Israeliete het weggetrek van die putte van Bene-Jaäkan af na Moserot toe. Daar is Aäron oorlede, en daar is hy begrawe. Sy seun Eleasar het toe in sy plek priester geword.

DEUTERONOMIUM 10:7 (AFR83)

Van daar af het hulle na Gor-Gidgad toe getrek en van daar af na Jotbata toe, 'n waterryke gebied.

DEUTERONOMIUM 10:8 (AFR83)

Destyds het die Here die Levistam afgesonder om die verbondsark van die Here te dra, om in sy teenwoordigheid diens te doen en sy dienaars te wees, en om die volk in die Naam van die Here te seën. En so is dit vandag nog.

DEUTERONOMIUM 10:9 (AFR83)

Daarom het die Leviete nie 'n eie grondgebied tussen hulle volksgenote gekry nie, want Levi ontvang van wat die Here self toekom, soos die Here jou God hom beloof het.”

DEUTERONOMIUM 10:10 (AFR83)

Moses het verder gesê: “Soos die eerste keer het ek veertig dae en nagte op die berg gebly. Ook hierdie keer het die Here na my geluister. Hy wou jou nie meer uitroei nie.

DEUTERONOMIUM 10:11 (AFR83)

Toe het Hy vir my gesê: ‘Jy moet die volk laat wegtrek en hulle lei sodat hulle die land kan binnegaan en in besit neem. Dit is die land wat Ek met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee.’

DEUTERONOMIUM 10:12 (AFR83)

“En nou, Israel, die Here jou God vra net dat jy Hom moet eer, sy wil moet gehoorsaam, Hom moet liefhê en dien met hart en siel.

DEUTERONOMIUM 10:13 (AFR83)

Gehoorsaam die gebooie en voorskrifte wat die Here jou vandag deur my gee. Dit sal tot jou voordeel wees.

DEUTERONOMIUM 10:14 (AFR83)

Die hemel, selfs die hoogste hemel, behoort aan die Here jou God, ook die aarde en alles daarop.

DEUTERONOMIUM 10:15 (AFR83)

En tog het Hy sy liefde net aan jou voorvaders betoon en vir julle, hulle nageslag, uit al die volke uitgekies. Dit is nou nog so.

DEUTERONOMIUM 10:16 (AFR83)

“Wy jou aan Hom en moenie hardkoppig wees nie.

DEUTERONOMIUM 10:17 (AFR83)

Die Here jou God, Hy alleen is God, die Here: die groot God, die magtige, wat wonderdade doen, wat vir niemand partydig is nie en ook nie omkoopgeld aanneem nie.

DEUTERONOMIUM 10:18 (AFR83)

“Hy laat reg geskied aan die weeskind en die weduwee. Hy het die vreemdeling lief en gee vir hom kos en klere.

DEUTERONOMIUM 10:19 (AFR83)

Jy moet ook die vreemdelinge liefhê, want jy was self 'n vreemdeling in Egipte.

DEUTERONOMIUM 10:20 (AFR83)

Jy moet die Here jou God eer, Hom dien en aanhang, en wanneer jy 'n eed aflê, moet jy dit in sy Naam doen.

DEUTERONOMIUM 10:21 (AFR83)

Jy moet Hom prys, want Hy is jou God en Hy het al hierdie magtige wonderdade wat jy met jou eie oë gesien het, vir jou gedoen.

DEUTERONOMIUM 10:22 (AFR83)

Toe jou voorvaders Egipte toe is, was hulle net sewentig; maar nou het die Here jou God jou so baie gemaak soos die sterre in die lug.”

DEUTERONOMIUM 11:1 (AFR83)

“Julle moet die Here julle God liefhê en altyd sy opdragte gehoorsaam: al sy voorskrifte en bepalings en gebooie.

DEUTERONOMIUM 11:2 (AFR83)

Vandag weet julle hoe die Here julle onderrig het, want julle, en nie julle kinders nie, het dit beleef en gesien: sy grootheid, sy magtige dade, sy wonderdade,

DEUTERONOMIUM 11:3 (AFR83)

sy tekens, alles wat Hy in Egipte gedoen het met die farao, koning van Egipte, en sy hele land.

DEUTERONOMIUM 11:4 (AFR83)

Julle het beleef wat Hy gedoen het met die leër van Egipte, sy perde en sy strydwaens wat die Here deur die water van die Rietsee laat verswelg het toe hulle julle agtervolg het. Die Here het hulle mag so gebreek dat hulle nou nog nie herstel het nie.

DEUTERONOMIUM 11:5 (AFR83)

“Julle het self beleef wat Hy vir julle gedoen het in die woestyn en totdat julle tot hier gekom het,

DEUTERONOMIUM 11:6 (AFR83)

wat Hy gedoen het met Datan en Abiram, seuns van Eliab seun van Ruben, toe die aarde oopgeskeur het en hulle en hulle familie en hulle eiendom, selfs al hulle vee ingesluk het voor die oë van al die Israeliete.

DEUTERONOMIUM 11:7 (AFR83)

Met julle eie oë het julle al hierdie groot dade gesien wat die Here gedoen het.

DEUTERONOMIUM 11:8 (AFR83)

“Julle moet alles gehoorsaam wat ek julle vandag beveel, sodat julle sterk kan optree en die land wat julle gaan verower, kan binnegaan en in besit neem.