Filippense - Kies VreugdeVoorbeeld

Lees: Filippense 1:7-11
SOAP: Filippense 1:9-11
"Eendag" kom. Tot op die dag wanneer elke siel sal bely dat Jesus Christus Here is en elke knie in elke taal sal buig - van elke nasie en alle uithoeke van die wêreld - tot op die glorieryke dag, het ons werk om te doen. Ons moet lewe soos Christus. Christus het as 'n nederige dienskneg gekom na 'n wêreld wat Hom nie geken het nie. Hy het die houding van nederigheid aangeneem en Homself gegee soos Hy diegene rondom Hom gedien het. Liewe vriende, tot daardie glorieryke dag wanneer elke knie sal buig, het ons werk om te doen. Mag dit met ons begin ... hier en nou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Vreugde is die tema van die boek Filippense. Dit is ongelooflik, want hierdie brief is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Hoe is dit moontlik om vreugdevol te wees te midde van oorweldigende hartseer en lyding? Paulus leer ons dat Jesus die Outeur en enigste bron van ware vreugde is.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com
Verwante Leesplanne

Jakobus

Soeke na Vreugde: Ses Bybelse Waarhede deur John Piper

Liefde sonder vooroordeel

Waarheid Oorwin

Staan Sterk In ’n Wankelende Wêreld Deur Angelique Du Toit

Asemhalingsruimte

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

Waarvoor Wag Jy Dan? Deur Angelique Du Toit

Leef Jou Roeping Deur Jean Keys
