DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoopVoorbeeld

Genade wat nooit eindig nie
Genade het ‘n begin gehad – by God se skeppingsplan en sy liefde vir die mensdom. Dit is duidelik blootgelê toe Jesus Christus sy lewe aan die kruis gegee het om ons sonde te versoen. Hoe groot is hierdie genade? En waar eindig dit?
Die verhaal van Ragab gee vir ons 'n insiggewende antwoord op hierdie vrae. God se genade het met haar en haar familie se redding begin, maar dit was slegs die aanvang. Dit het voortgeduur tot in die Nuwe Testament, waar daar van haar getuig word, en strek waarskynlik tot in die ewigheid. Die rede hiervoor lê in die karakter van God self.
Sy genade is nie net groot nie; dit is werklik oneindig. Dit oorskry ons begrip en grense volgens Dawid: “Maar die Here se troue liefde is van ewigheid tot ewigheid oor dié wat Hom dien...” (Psalm 103:17, OAV).
Die wonder van genade is dat dit altyd aanhou. Dit dra ons deur ons swakhede, herstel ons gebroke harte en maak ons deel van God se ewige familie. Daar is niks wat ons van die genade wat uit liefde gebore is, kan skei nie. Paulus stel dit só in Romeine 8:38-39:
“Een ding weet ek vas en seker: Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre nie; ook nie bo-aardse magte nie. Ja, hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie” (NLV). Genade het geen einde nie, want dit is geanker in die ewige natuur van God.
Die oneindigheid beteken dat ons altyd kan terugkeer na God, hoe ver ons ook al afdwaal. Maar dit beteken ook dat ons hierdie genade moet uitleef. Erken die grootheid van God se genade deur ‘n lewe van gehoorsaamheid en lofprysing.
Wees genadig teenoor ander: Soos God ons vergewe en genade bewys so moet ons dit ook teenoor ander doen. Vertrou op God se genade. Wanneer jy struikel of voel jy is nie goed genoeg nie, onthou dat God se genade jou omvou.
Gebed
Here, ons Vader vol genade en liefde, dankie dat u genade nooit ophou nie. Dankie dat U ons elke dag dra, vergewe en herstel, ongeag ons tekortkominge. Help ons om in dankbaarheid te leef, om u genade aan ander te betoon en om onwrikbaar op u genade te vertrou. Mag ons elke dag in die oorvloed van u genade wandel en u Naam verheerlik. Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Stap saam op 'n reis van 40 dae, waar die rooi draad van genade jou lei van Ragab se venster in Jerigo tot by die kruis op Golgota. Hierdie 40-dae plan onthul hoe God se genade geen grense het nie, en hoe geloof en gehoorsaamheid 'n hele nuwe bestemming kan skep.
More
Ons wil graag Dr. Ernrich F Basson bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.collage.org.za
Verwante Leesplanne

Die sin van die lewe

Die Krag van die Woord en die Koning se Gesag

Een lewe: 'n Studie van integriteit in Hebreërs

Oorkom die Strik van Selfbejammering

Wandel deur Johannes

Van die Begin tot in Ewigheid

Die krag van ’n biddende vrou

God is in Beheer

Onderskei en Oorkom Alledaagse Versoekings
