Leesplan inligting

Luister: Gelei Deur Die Heilige GeesVoorbeeld

Luister: Gelei Deur Die Heilige Gees

DAG 1 VAN 7


Inleiding

Om God se stem in jou daaglikse lewe te leer ken, is die sleutel tot ’n oorwinningslewe. Ons is ontwerp om sy stem te kan hoor en daarop te reageer.

Ons diepste begeerte is dat die stem van die Here ’n alledaagse, normale deel van jou lewe sal wees. Jou moedertaal is die taal waarin jy jouself is, waarin jy tuis voel en lag en bid en droom. Mag hierdie belewenis jou op ’n avontuur neem waarin jy sy stem opnuut ontdek!


Regdeur die eeue …

Elke gelowige op hierdie planeet het ’n diepe begeerte om God se wil vir sy lewe te ontdek. Sedert die vroegste tye het mense sy leiding gesoek. Die tuin van Eden herinner ons aan die feit dat die mensdom in ononderbroke eenheid met God gewandel het. Wat ’n ongelooflike voorreg! Dit was God se oorspronklike begeerte. Van die begin af was dit sy plan dat die mens toegang tot sy hart en gedagtes sou hê.

Ons lees in die derde hoofstuk van Genesis hoe daardie werklikheid verander het. Dit wys vir ons die impak wanneer ons die lewe sonder God aanpak. Dit was Adam en Eva se keuse om die lewe aan te durf sonder God se inspraak. Hul vertrou hul eie wysheid eerder as om op God se leiding staat te maak. Dit lei na ’n lewe van skuld, skaamte en seer. Die hele mensdom word hierby ingesluit. In die Ou Testament was dit moontlik vir sekere individue om die Here te hoor. Die oorgrote meerderheid het egter geen bewustheid of vertroue om na die Here te luister nie, vanweë die impak van sonde wat tussen God en mens skeiding gebring het.

God het egter reeds ’n plan gehad om die mensdom met Homself te versoen. Christus het vir die mens kom wys dat dit moontlik is om hierdie lewe in afhanklikheid van die Heilige Gees te leef. Sy dood en opstanding verseker die versoening tussen God en mens. Christus het dit kom doen wat geen ander mens vir homself kon doen nie. In die plek van skuld en skaamte en seer, verseker Jesus se offer dat elke mens nou met Hom kan identifiseer en ’n lewe van geregtigheid, oorwinning en outoriteit kan leef.

Hierdie liefdesoffer lê die fondament vir gelowiges om ’n persoonlike verhouding met die Vader te ervaar. Dit nooi elkeen van ons uit om ons oorspronklike ontwerp te ontdek.

Die Bybel is vol verhale van normale individue soos ek en jy wat God in hul persoonlike omstandighede beleef het. Hy is naby — Hy is nie ver nie. In elke verhaal ontdek ons die hart en die aard van God. Hy het elke struikelblok uit die weg geruim om ’n verhouding met jou te verseker.

In die Ou Testament is daar volop voorbeelde waarin ons die persoonlike aard van sy kommunikasie raaksien.

Psalm 32:8 (AFR83)

"Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en My oog oor jou hou."

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Luister: Gelei Deur Die Heilige Gees

Om God se stem te leer ken in jou daaglikse lewe is die sleutel tot ’n oorwinningslewe. Ons is ontwerp om sy stem te kan hoor en daarop te reageer. Mag hierdie belewenis jou op ’n avontuur neem waarin jy sy stem opnuut o...

More

Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.doxadeo.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid