Leesplan inligting

Wat Jesus Oor Vergifnis Gesê HetVoorbeeld

Wat Jesus Oor Vergifnis Gesê Het

DAG 4 VAN 10

Wat vergifnis nie is nie

"Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het" (Efesiërs 4:32).

Volgens bostaande vers: Wat kan ek van God verwag en wat verwag God van my?

Vergifnis handel oor die diepste pyn en emosies van mense. Wanneer jy iemand vra om 'n ander persoon te vergewe, staan jy teen al die emosies en pyn wat dit veroorsaak het en die gevolge van die oortreding wat die skade veroorsaak het. Vergifnis is om die dinge wat pyn in jou lewe veroorsaak het, te konfronteer en dit te hanteer tot die punt dat dit nie verder jou gedrag sal bepaal of jou gedagtes sal oorheers nie.

Mense voel dikwels dat vergifnis onregverdig is: "Ek het baie pyn gely as gevolg van wat hierdie persoon aan my gedoen het, en nou verwag jy van my om eenvoudig weg te loop asof niks gebeur het nie?"

Die volgende dinge gee 'n idee van wat vergifnis nie is nie:

1. Vergifnis is nie om sonde te verskoon en te sê dat wat verkeerd was, nou reg is of onskuldig te verklaar nie.

2. Vergifnis is nie om die belangrikheid van 'n spesifieke oortreding of voorval te ontken nie.

3. Vergifnis is nie gebaseer op wat regverdig is nie. Dit was nie regverdig dat Jesus aan die kruis hang nie, maar Hy het dit uit eie vrye wil gedoen sodat ons vergewe kon word.

4. Vergifnis is nie dieselfde as versoening nie. Dit neem twee vir versoening, net een vir vergifnis.

5. Vergifnis beteken nie swakheid nie. Dit is om sterk genoeg te wees om soos Christus te wees.

6. Vergifnis beteken nie dat jy vergeet wat gebeur het nie.

7. Vergifnis beteken nie geregtigheid moet of kan geïgnoreer word nie.

Gehoorsaamheid: Onvergewensgesindheid, bitterheid en woede verberg hulleself diep in die donker plekke in ons harte. Indien jy dit nie hanteer nie, sal dit van jou ‘n verbitterde gevangene van jou verlede maak. Is daar iemand wat jy nie wil vergewe nie? Jy is daardie persoon se gevangene totdat jy deur hierdie verontregting gewerk het.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Oor Vergifnis Gesê Het

Vergifnis is een van die belangrikste sake in die Skrif. Ons evangelie is 'n evangelie van vergifnis. God vergewe ons sonde. Jesus is ons Verlosser van sonde. As Christene sukkel ons egter dikwels om ander te vergewe. Hi...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid