kykNET Lydenstydgids 2025: In die Skadu van GetsemaneVoorbeeld

Hersieningsgebed:
Kies een van die dae van die week en dink na oor jou ervaring op hierdie dag. Jy kan ook terugdink aan jou hele week en stilstaan by die oomblikke toe jy dinge beleef het wat vir jou uitstaan en jou bybly. Dalk wil jy ook weer gaan kyk na van die inskrywings in jou joernaal. Praat met die Here daaroor.
Gebed: Ek vra vir ‘n diep bewussyn van u liefde en werk in my lewe.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Met hierdie Lydenstydreis bring ons 40 dae in Getsemane deur — daar in die tuin waar Jesus angsbevange by sy Vader pleit en in gesprek met God tree.
More
Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/