Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Die DoopVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Doop

DAG 1 VAN 7

Belangrike Nota

Die doop is vir alle gelowiges van alle denominasies 'n baie ernstige saak. En tereg ook. In hierdie studie word daar sover moontlik weggebly van teologiese verskille en slegs gepoog om enkele van die basiese beginsels van die doop voor te hou. Daar is geen poging om enige spesifieke teologiese standpunt te verdedig of te bevorder nie. Maak gerus gebruik van jou eie denominasie se dokumentasie vir verdere inligting oor die doop.

Voorstel

1. Vra drie vriende/vriendinne om hierdie leesplan saam met jou te doen (vier in 'n groep - mans en vroue in afsonderlike groepe).

2. Almal doen die leesplan op hulle eie.

3. Kom bymekaar na voltooiing van die leesplan en bespreek wat julle ontdek/gelees het.

4. Oorweeg om al 25 leesplanne in hierdie reeks as groep saam te doen.

5. Hierdie is nommer nege in ‘n reeks van 25 Bybelstudies.

6. Watter ander persoon of persone dink jy sal by hierdie leesplan baat vind? Maak kontak en vertel hulle daarvan en moedig hulle aan om dieselfde leesplan saam met 'n groep van vier te doen.

7. Hierdie leesplanne sal jou help om te groei en uiteindelik 'n dissipelmaker te word — iemand wat dissipel van nuwe bekeerlinge en ander Christene kan maak.

Wat Jesus gesê het oor die doop

Die Skrifgedeeltes waarop gefokus word: Matteus 28:19 en Romeine 6:3-11

Bespreek die Skrifgedeeltes aan die hand van drie vrae:

1. Wat leer ons van God in hierdie gedeeltes?

(Hoe openbaar God Homself aan my: Wie Hy is, sy karakter, werke, bevele, beloftes?)

2. Wat leer ons van onsself/ander mense uit hierdie Skrifgedeeltes?

(Wat verwag God van my volgens hierdie gedeeltes — bv. om te vergewe, groei in my verhouding met Hom, gehoorsaam te wees en in ‘n verhouding met Hom te leef? Wat moet in my lewe verander? Wat is my verantwoordelikhede?)

3. Hoe kan ons dit wat ons uit hierdie gedeeltes ontdek het, integreer in ons lewens?

Van inligting tot gehoorsaamheid:

Nadat jy Matteus 28:19 en Romeine 6:3-11 bestudeer het, wat voel jy vra die Heilige Gees van jou om te doen? Omdat dit God is wat hier praat, moet jy daarop reageer. Ons moet oorgaan van inligting na gehoorsaamheid:

  • Is daar iets wat in jou lewe moet verander in die lig van hierdie Skrifgedeeltes?
  • Wat is daar wat jy in die komende week moet doen na aanleiding van jou bestudering van hierdie Skrifgedeeltes?
  • Hoe kan jy 'n seën wees vir ander mense rondom jou?
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Doop

Jesus het in sy laaste opdrag gesê dat ons dissipels van mense moet maak en hulle moet doop. Wanneer ons die boek Handelinge lees, sien ons dat die vroeë kerk presies dit gedoen het. Hierdie studie hanteer die basiese By...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid