Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor SondebelydenisVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Sondebelydenis

DAG 1 VAN 6

Voorstel

1.Vra drie vriende/vriendinne om hierdie leesplan saam met jou te doen (vier in 'n groep). (Mans en vroue in afsonderlike groepe).

2. Almal doen die leesplan op hulle eie.

3. Kom bymekaar na voltooiing van die leesplan en bespreek wat julle ontdek het.

4. Oorweeg om al 25 leesplanne in hierdie reeks as groep saam te doen.

5. Hierdie is Nr.5 in ‘n reeks van 25 Bybelstudies

5. Watter ander persoon of persone dink jy sal by hierdie leesplan baat vind? Maak kontak en vertel hulle daarvan en moedig hulle aan om dieselfde leesplan saam met 'n groep van vier te doen.

6. Hierdie leesplanne sal jou help om te groei en uiteindelik 'n dissipelmaker te word — iemand wat dissipel van nuwe bekeerlinge en ander Christene kan maak. Dis wat Jesus gesê het oor belydenis van sonde.

Skrifgedeeltes: Lukas 15:17-21 en 18:9-14.

Vra die Heilige Gees om jou te leer. Die basiese vraag is: Here, wat wil U vir my uit hierdie spesifieke Skrifgedeelte sê?

Bespreek die Skrifgedeeltes aan die hand van hierdie drie vrae:

1. Wat leer ons van God uit hierdie gedeelte?

(Hoe openbaar God Homself aan my: Wie Hy is, sy karakter, werke, opdragte, beloftes?)

2. Wat leer ons van onsself/ander mense uit hierdie Skrifgedeelte?

(Wat verwag God van my volgens hierdie gedeelte — bv. om te vergewe, in my verhouding met Hom te groei, gehoorsaam te wees, in ‘n verhouding met Hom te leef? Wat moet in my lewe verander? Wat is my verantwoordelikhede?)

3. Waarom dink jy staan hierdie gedeelte in die Bybel?

Van inligting tot gehoorsaamheid: Nadat jy Lukas 15:17-21 en 18:9-14 bestudeer het, wat voel jy vra die Heilige Gees van jou om te doen? Omdat dit God is wat hier praat, moet jy reageer. Is daar iets wat in jou lewe moet verander in die lig van hierdie Skrifgedeeltes? Wat is daar wat jy in die komende week moet doen na aanleiding van jou bestudering van hierdie Skrifgedeeltes?

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Sondebelydenis

Sonde word slegs deur die bloed van Jesus afgewas. Hierdie leesplan sal jou help om te verstaan wat die gevolge van sonde is, wat om te doen as jy jou sonde bely en nie vergifnis beleef nie, hoe jy seker kan wees dat jou...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid