Bly Getrou | Ses Maande in die Nuwe Testament — Daaglikse Leesstukke uit die Bybel Voorbeeld

Abide | 6 Months in the New Testament - Daily Readings From the Bible

DAG 166 VAN 182

Gebed

Jy gaan binnekort vandag se gedeelte lees. Voor jy dit doen, begin met 'n eenvoudige gebed soos hierdie een:

“Vader, ek nooi U om saam met my in hierdie oomblik te wees en vra dat U my hart ontvanklik maak vir u Woord. Help my om U intiemer te leer ken hierdeur, en dat ek sal toelaat dat u Waarheid my hart, gedagtes en siel vandag daardeur sal verander.”

Wanneer jy jou leeswerk voltooi het, wy ‘n paar minute aan die B.I.D.-siklus.

_________________

B — BEDAAR en raak rustig. Bepeins dit wat jy gelees het en laat toe dat die inligting by jou insink.

I — INNEEM Wat het God vandag deur sy Woord vir jou gesê? Sê ‘n Bybelvers hardop vir jouself en skryf dit miskien selfs neer.

D — DRA jou versoek om hulp aan God op. Die uitdaging is om in Jesus se teenwoordigheid te wees en meer soos Hy te word. Hoe daag vandag se Woord jou uit om dit te doen?

Ons Vader nooi jou liefdevol uit om in sy lieflike plan vir jou lewe, sy kerk en die wêreld te leef. Aanvaar sy uitnodiging om anders te leef en begryp dat sy plan groter is as wat ons kan bid of dink.

_________________

Agtergrond oor die boek 2 Petrus

Wie het 2 Petrus geskryf?

Christelike tradisie meen dat die apostel Petrus die boek 2 Petrus geskryf het. Hierdie is die tweede van twee briewe wat Petrus aan verskeie kerkgemeenskappe in Klein-Asië geskryf het.

Vir wie is die boek 2 Petrus geskryf?

Hierdie brief is geskryf aan dieselfde gehoor as 1 Petrus — naamlik beide Joodse Christene en heidene wat tot bekering gekom het.

Konteks

Die gebeure wat in 2 Petrus beskryf word, vind plaas in die Romeinse provinsie Klein-Asië. Die boek 2 Petrus is waarskynlik tussen 64 en 67 n.C. saamgestel. Omdat hy geweet het dat sy dood op hande is (2 Petrus 1:13-14), wou Petrus verseker dat sy lesers in die waarheid gevestig sou bly (2 Petrus 1:12), en bedag sou wees op beide die woorde wat vooraf deur die profete gespreek is en die gebooie wat deur die apostels gegee is, veral met betrekking tot die belofte van die Here se wederkoms (2 Petrus 3:1-4).

Literêre Styl

Die boek 2 Petrus is 'n brief wat as 'n vertelling aan die kerke geskryf is.

Hooftemas

  1. Mense wat geloof as 'n geskenk ontvang en dit vermeerder
  2. God se getrouheid om sy volk te verlos
  3. Jesus as die verhewe Koning van die heelal

Struktuur

Die boek 2 Petrus kan in drie dele verdeel word. Hoofstuk 1 begin deur Jesus se volgelinge aan te moedig om nooit op te hou groei in hulle geloof nie. Hoofstuk 2 daag die korrupte leermeesters se lewenstyle uit. Hoofstuk 3 is 'n herinnering aan God se geregtigheid en regverdigheid.

_________________

Agtergrond van die boeke 1-3 Johannes

Wie het die boeke 1-3 Johannes geskryf?

Christelike tradisie is van mening dat 'n anonieme skrywer 1 Johannes geskryf het, maar Johannes 2 en 3 is geskryf deur iemand wat "die ouderling" (2 Johannes 1:1 AFR53) genoem word.

Vir wie is die boeke 1-3 Johannes geskryf?

Hierdie briewe blyk almal aan Christene in Klein-Asië (hedendaagse Turkye) geskryf te wees.

Konteks

Die gebeure wat in 1-3 Johannes beskryf word, vind plaas in die stad Efese. Die boeke 1-3 Johannes is waarskynlik tussen 64 en 66 n.C saamgestel. Die skrywer skryf hierdie briewe as 'n manier van onderrig, maar blyk ook direk te praat met Gnostisisme se toename in gewildheid en waarsku teen die gevare daarvan.

Literêre Styl

Die boeke 1-3 Johannes is briewe wat as vertellings geskryf is.

Hooftemas

  1. God se lig en liefde
  2. Geregtigheid deur ons naaste lief te hê
  3. Jesus as waarheid

Struktuur

Die boek 1 Johannes daag volgelinge van Jesus uit om getrou te bly aan wat hulle reeds glo. Die boek 2 Johannes is 'n waarskuwing aan 'n spesifieke huisgemeente. Die boek 3 Johannes is geskryf aan Gajus, een lid van 'n huisgemeente.

Dag 165Dag 167

Aangaande hierdie leesplan

Abide | 6 Months in the New Testament - Daily Readings From the Bible

Bly Getrou is 'n 6-maandelange leesplan wat op die Nuwe Testament fokus. Ons hoop dat hierdie gesamentlike studie 'n honger vir die Woord van God in jou geestelike lewe sal bring en dat jy met elke gedeelte wat jy lees, dieper in geloof geanker sal word. Ons het selfs weeklikse "inhaaldae" bygewerk om jou die nodige tyd te gee as jy 'n dag gemis het of agter geraak het!

More

Ons wil graag The Bridge Church bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bridge.tv