Bly Getrou | Ses Maande in die Nuwe Testament — Daaglikse Leesstukke uit die Bybel Voorbeeld

Gebed
Jy gaan binnekort vandag se gedeelte lees. Voor jy dit doen, begin met 'n eenvoudige gebed soos hierdie een:
“Vader, ek nooi U om saam met my in hierdie oomblik te wees en vra dat U my hart ontvanklik maak vir u Woord. Help my om U intiemer te leer ken hierdeur, en dat ek sal toelaat dat u Waarheid my hart, gedagtes en siel vandag daardeur sal verander.”
Wanneer jy jou leeswerk voltooi het, wy ‘n paar minute aan die B.I.D.-siklus.
_________________
B — BEDAAR en raak rustig. Bepeins dit wat jy gelees het en laat toe dat die inligting by jou insink.
I — INNEEM Wat het God vandag deur sy Woord vir jou gesê? Sê ‘n Bybelvers hardop vir jouself en skryf dit miskien selfs neer.
D — DRA jou versoek om hulp aan God op. Die uitdaging is om in Jesus se teenwoordigheid te wees en meer soos Hy te word. Hoe daag vandag se Woord jou uit om dit te doen?
Ons Vader nooi jou liefdevol uit om in sy lieflike plan vir jou lewe, sy kerk en die wêreld te leef. Aanvaar sy uitnodiging om anders te leef en begryp dat sy plan groter is as wat ons kan bid of dink.
_________________
Agtergrond oor Titus
Wie het die boek Titus geskryf?
Volgens Christelike tradisie het die apostel Paulus die brief aan Titus geskryf.
Aan wie is die boek Titus gerig?
Hierdie brief is aan 'n man met die naam Titus geskryf wat, soos Timoteus, deur Paulus as 'n seun in die geloof beskou is. In die boek Handelinge word Titus nie by name genoem nie, maar ons kan baie oor hom uit Paulus se sendbriewe leer. Hy was 'n nie-Jood van geboorte (Galasiërs 2:3) en het Paulus gedurende die omstredenheid oor besnydenis na Jerusalem vergesel (Handelinge 15:1-2; Galasiërs 2:1-5) voordat hy uiteindelik Paulus se amptelike gesant na die kerk in Korinte geword het.
Konteks
Die gebeure wat in Titus beskryf word, vind op die eiland Kreta plaas. Titus is waarskynlik tussen 64 en 68 n.C. geskryf. Hierdie brief is, soos sy eerste brief aan Timoteus, aan 'n jong prediker geskryf wat 'n moeilike taak ontvang het. Die gemeentes op die eiland Kreta het klaarblyklik groei na volwassenheid nodig gehad, en hierdie brief was bedoel om vir Titus in daardie werk te help.
Literêre Styl
Die boek Titus is 'n brief wat in 'n prosavorm geskryf is aan 'n predikant genaamd Titus.
Hooftemas
- Jesus is die ewige hoop
- Die krag van die evangelie in die publieke lewe
- Die teenstrydige waarde van vrygewigheid
Struktuur
Titus kan in drie dele verdeel word. Hoofstuk 1 gee aan Titus instruksies oor sy verantwoordelikhede in die kerk. Hoofstuk 2 gee aan Jesus se volgelinge leiding oor die openbare lewe. Hoofstuk 3 herinner ons daaraan dat Jesus die weg gebaan het vir 'n nuwe skepping.
_________________
Agtergrond oor Filemon
Wie het die boek Filemon geskryf?
Volgens Christelike tradisie het die apostel Paulus die boek Filemon geskryf.
Aan wie is die boek Filemon geskryf?
Die brief is geskryf aan Filemon, 'n lidmaat van die gemeente in Kolosse.
Konteks
Die gebeure wat in Filemon beskryf word, vind plaas in Klein Asië, naby Efese of Sesarea-Filippi. Filemon is waarskynlik geskryf terwyl Paulus tussen 60 en 64 n.C. in Rome in aanhouding was. Uit die inhoud van die sendbrief blyk dit dat Paulus hoofsaaklik geskryf het om vergifnis vir Onesimus te verkry, maar ook om vir homself 'n blyplek te bewerkstellig vir wanneer hy uit die gevangenis vrygelaat sou word.
Literêre Styl
Die boek Filemon is 'n brief wat in prosavorm deur Paulus aan Filemon geskryf is.
Hooftemas
- Gelykheid onder Jesus se volgelinge
- Die gawe van God se liefde en genade
- Slawerny en Jesus as nuwe mens
Struktuur
Filemon kan in drie dele verdeel word. Verse 1-7 begin met 'n gebed van danksegging. Verse 8-20 is 'n versoek om vergifnis en herstel vir Onesimus, 'n slaaf. Verse 21-25 sluit aanmoediging en groete in.
Aangaande hierdie leesplan

Bly Getrou is 'n 6-maandelange leesplan wat op die Nuwe Testament fokus. Ons hoop dat hierdie gesamentlike studie 'n honger vir die Woord van God in jou geestelike lewe sal bring en dat jy met elke gedeelte wat jy lees, dieper in geloof geanker sal word. Ons het selfs weeklikse "inhaaldae" bygewerk om jou die nodige tyd te gee as jy 'n dag gemis het of agter geraak het!
More