Leesplan inligting

Fokus op dankbaarheidVoorbeeld

Fokus op dankbaarheid

DAG 3 VAN 7

Sing ’n loflied vir die Here (soos Dawid)

Die Psalms is propvol lofliedere en lofwoorde van onder andere Dawid wat die Here loof en prys. Dit is asof sy hart so oorloop van dankbaarheid dat hy net moet uiting gee daaraan. Dan begin hy skryf en dan begin hy dans. Hy kan nie anders nie – die Here is net te goed en te wonderlik om stil te bly daaroor.

Dink ’n bietjie aan die goedheid van die Here in jou lewe. Hy is elke dag by jou en los jou nooit alleen nie. In ’n wêreld met siekte, dood, gebroke verhoudings, geweld en misdaad is die Here daar vir jou en vertroos en versterk Hy jou. Hy sorg vir jou en sê jy hoef jou nie te bekommer nie. Jy is Syne en Hy het jou duur gekoop deur die bloed van Jesus. Wanneer laas het jy ’n loflied of lofpsalm vir die Here geskryf?

Dankbaarheid en lof is ’n ingesteldheid teenoor die lewe. Dis ’n keuse wat jy daagliks moet maak. Mense mor en kla maklik en verskriklik baie. Mense vind fout en kritiseer mekaar vir die kleinste misstappe. Dis omdat pessimisme hulle ingesteldheid teenoor die lewe is. Dis omdat hulle gekies het om negatief na die lewe en mense te kyk. Wil jy nie ’n keuse maak om dit te verander nie? Kies vandag om ’n lewe van lof te lei.

Here, ek loof U vir u goedheid. Ek is dankbaar dat U altyd by my is en my beskerm en toevou in u liefde.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Fokus op dankbaarheid

’n Positiewe gesindheid van dankbaarheid lei daartoe dat ’n mens gelukkig is. Dit lei daartoe dat ’n mens meer positief teenoor die lewe is. Dit maak dat ’n mens mooi en goeie dinge wat met jou gebeur opreg waardeer. ’n ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid