Leesplan inligting

Sy Groot Opoffering, Ons SendingopdragVoorbeeld

His Great Sacrifice, Our Great Commission

DAG 3 VAN 10

‘n Uittreksel: Hoop Teweeggebring deur Rob Hoskins

Ek onthou die verhaal wat my pa jare gelede vertel het van ‘n man in Suid-Amerika wat een aand na werk haastig op pad huis toe, ‘n klein boekie met die evangelieboodskap, van ‘n paar Christen-jongmense op ‘n straathoek ontvang het. Toe die man besef dat die boekie oor God gaan, het hy dit opgeskeur en weggegooi. Op ‘n sekere tydstip in sy lewe het hy besluit hy haat God, die kerk en enigiemand wat die kerk verteenwoordig. (Sy teenkanting is moontlik deur die Marxisties-kommunisties geïnspireerde literatuur aangevuur wat op daardie tydstip Latyns-Amerika binnegestroom het).



Met sy tuiskoms die aand ontdek hy dat ‘n flentertjie papier van die boekie nog aan sy hempsmou vassit. Hy het dit afgevee, maar kon hom nie daarvan weerhou om te kyk wat daarop geskryf staan nie: “En die Here God het gesê …”



Hy het die flentertjie papier weggegooi en tegelykertyd verwens. Hy kon egter nie die woorde op die papiertjie vergeet nie. “En die Here God het gesê …”



Gedurende aandete het hy deurentyd daaroor getob. Hy het daardie aand ook nie goed geslaap nie, want die woorde het herhaaldelik in sy drome weerklink. “En die Here God het gesê …”



Die volgende dag by die werk het die woorde aanhoudend in sy gedagtes opgekom. Toe hy hom daardie aand huis toe haas, was hy verheug om dieselfde span Christen-jongmense op dieselfde straathoek te sien waar hulle dieselfde boekies uitgedeel het. Al hardlopende het hy een van die jongmans genader en gesê: “Vertel my asseblief wat die Here gesê het!”



Hy het na die evangelieboodskap geluister, sy lewe aan Christus toegewy, en later ‘n pastoor geword.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

His Great Sacrifice, Our Great Commission

Beleef die Paasfees-gebeure hierdie jaar op ‘n spesiale manier. Begin jou belewenis in die Midde-Ooste en laat die visuele en ouditiewe ervarings van sendelinge wat wêreldwyd werk die koers aanwys, om met nuwe oë na die ...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.onehope.net

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid