Leesplan inligting

Blywende HoopVoorbeeld

Blywende Hoop

DAG 1 VAN 43

Welkom by ons Bybelstudie: Blywende Hoop.

Hoop kan iets moeiliks wees.

Dit kan vir ons groot vreugde bring, of ons kan groot teleurstelling ervaar wanneer ons hoop nie vervul word nie.

Ons hoop vir 'n verskeidenheid dinge: van ons ewige sekerheid tot positiewe uitslae, van herstelde verhoudings tot 'n goeie nagrus. Maar wat beteken dit om waarlik jou hoop in iets te plaas? En waarin moet ons ons hoop plaas? Kan mens vir dinge hoop, selfs al mag dit nooit gebeur nie?

Sluit by ons aan vir hierdie studie met ‘n joernaal, digitale hulpbronbondel, of op ons Love God Greatly toepassing. Terwyl ons werk deur wat dit beteken om Bybelse gemeenskap te bou, is daar ooreenstemmende Blywende Hoop inhoud — met blogplasings en gemeenskapsgroepe — op ons webwerf.

Wat is SOAP?

Hier by "Love God Greatly Afrikaans" gebruik ons die "SOAP"-metode vir ons Bybelstudies. Hierdie metode maak dit vir jou moontlik om dieper in die verse te delf en om meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ons wil jou aanmoedig om jou tyd te gebruik om die daaglikse verse te "SOAP" en self te sien hoeveel meer jy uit jou daaglikse stiltetyd sal kry.

Wat beteken "SOAP"?

Die S staan vir Scripture :

Jy skryf die teksverse neer. Jy sal verbaas wees om te sien wat God aan jou in sy Woord sal openbaar deur net tyd te maak om die verse neer te skryf!

Die O staan vir Observation:

Wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?

Die A staan vir Application:

Dit is wanneer die Woord van God persoonlik toegepas word. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het, in my eie lewe toepas? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek aanbring?

Die P staan vir Prayer:

Bid tot God en praat met Hom oor die Skrifgedeelte wat jy so pas bestudeer het. As Hy iets aan jou in sy Woord geopenbaar het, bid daaroor. Bely die sonde in jou lewe as Hy dit vir jou uitgewys het.

Inleiding

Hebreërs 6 vertel ons dat die hoop wat ons in Christus het, die anker vir ons siele is. Hierdie hoop hou ons verbind aan die onveranderende beloftes van God vir verlossing en die ewige lewe saam met Hom. Dit herinner ons ook van die waarheid van God se karakter en die belofte van sy teenwoordigheid, liefde, goedheid, voorsiening, regverdigheid en sorg. Wanneer ons in hoop wandel, kan ons elke dag met vreugde en vrede leef, ongeag ons omstandighede.

Hoop is die vertroue om op God te wag wanneer ons nie die toekoms kan sien nie. Volharding is om voort te gaan om ons hoop te plaas in die goedheid van God wanneer ons omstandighede ons vertel om op te gee. En geloof is die versekering dat ons hoop ons nie sal teleurstel nie, want die Een wat ons hoop in sy hand hou, is betroubaar.

In die volgende 6 weke gaan ons die aard van hoop en wat dit beteken om met hoop te leef, bestudeer. Ons sal tyd deurbring om die karakter van God en die belofte van Christus se wederkoms te onthou, te bestudeer en te verklaar, en te groei in ons geloof soos ons ons hoop plaas in wie God is en wat Hy belowe het. Ons sal ook ondersoek hoe hoop verband hou met liefde, volharding en geloof en hoe God hoop gebruik om ons in hierdie areas te laat groei.

Mag God in ons harte werk deur hierdie in-diepte studie van sy Woord oor die ongelooflike geskenk van hoop en ons vertroue bou om op Hom te wag wanneer ons nie die toekoms kan sien nie.

Wanneer ons in hoop wandel, kan ons elke dag met vreugde en vrede leef, ongeag ons omstandighede.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Blywende Hoop

"BLYWENDE HOOP" is ‘n ses weke lange Bybelstudie oor hoe om hoopvolle lewens te bou. Terwyl ons bestudeer wat die Skrif sê oor hoop en hoe om hoopvol te leef, sal ons die ongelooflike beloftes van God en sy oneindige lie...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid