KykNET Lent GidsVoorbeeld

KykNET Lent Gids

DAG 15 VAN 39

Verbaliseer

"MAAR Maria het buitekant by die graf gestaan en ween; en terwyl sy ween, buk sy na die graf toe en sien twee engele daar sit met wit klere aan, een by die hoof en een by die voete waar die liggaam van Jesus gelê het. En hulle sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Sy antwoord hulle: Omdat hulle my Here weggeneem het, en ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie. En toe sy dit gesê het, draai sy haar om agtertoe en sien Jesus staan, en sy het nie geweet dat dit Jesus was nie. Jesus sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Wie soek jy? Sy het gedink dat dit die tuinier was en antwoord hom: Meneer, as u Hom weggedra het, sê vir my waar u Hom neergelê het, en ek sal Hom wegneem. Jesus sê vir haar: Maria! Sy draai haar om en sê vir Hom: Rabboeni! dit beteken Meester. Jesus sê vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God. Maria Magdalena het aan die dissipels gaan vertel dat sy die Here gesien het en dat Hy dit vir haar gesê het."
Johannes 20:11-18.

Dit is vir my interessant dat Maria twee keer gevra word: “Hoekom huil jy?” Die eerste keer deur die twee engele in die graf en die tweede keer deur Jesus self. Dit is asof sy twee keer moet prosesseer wat sy voel en hoekom sy so voel.

Een van die grootste navorsers in die veld van verlies en smart sê dat ons in die verlede gedink het ons gaan deur fases wanneer ons treur. Hy sê egter dat alle navorsing vandag daarop dui dat dit nie so is nie, dat elke persoon uniek sy smart hanteer.

Hy sê egter daar is wel een ding wat almal in gemeen het: ons soek ‘n getuie vir ons smart en pyn. Ek moet dit vertel. Iemand moet luister. Iemand moet sien en daarvan weet.

Dit is nie maklik om ons hartseer en pyn te verwoord nie. Jesus sê as ek dit doen sal ek vertroos word. Ek hoef nie bang te wees om dit te voel nie. God is met my. Jesus sê die Trooster sal na my toe kom in die donkerste nag. In die donker nag van die siel doen God sy grootste werk in my. Ek kry Hom nie net in die oorwinning nie. Ek kry Hom nie net as dit wonderlik is nie. Ek kry Hom juis daar terwyl ek treur.

Met wie kan ek my pyn deel?

Vir wie kan ek daar wees om na te luister en vas te hou?

Herhaalgebed:

Here, ek vra die genade van trane, om te treur oor my verliese.

Aangaande hierdie leesplan

KykNET Lent Gids

Lydenstyd nooi my om dit wat ek eerder vermy, in die gesig te staar — my verganklikheid, my gebrokenheid, my hartseer en teleurstellings.

More

Ons wil graag Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/