Leesplan inligting

Vreugde In Alle TydperkeVoorbeeld

Joy For All Seasons

DAG 1 VAN 30

Ek was jare lank 'n depressiewe Christen. Ek was baie lief vir die Here en het selfs geweet dat ek hemel toe gaan wanneer ek sterwe. Tog was ek nie in staat om die vreugde van sy teenwoordigheid op aarde te ontdek nie. Ek het van hoop en vrede verwyderd gevoel. Die swart gat van depressie was my gedurige metgesel en my aaklige vriend.



Hierdie depressie is gebore uit 'n stryd met onvrugbaarheid. Ek het reeds vyf babas hemel toe gestuur, almal wat net tussen 12 en 20 weke gelewe het. Elke bevrugting was 'n wonderwerk … en elke onderbreking was 'n verpletterende en hartverskeurende verwoesting.



My hormone was buite beheer … my hoop was verpletter … en my arms was leeg. Die ergste van alles, was my gebroke hart.



Alhoewel ek al twee pragtige, bekoorlike en oulike seuntjies gehad het, het ek geweet dat ek geskape is om die moeder van nog kinders te wees. Moederskap was my lotsbestemming en my roeping. Waarom was alles dan so moeilik?



Gedurende hierdie vreesaanjaende hopelose dae, het ek ook 'n verslawing ontwikkel. My verslawing was nie aan medikasie, 'n bottel gevul met alkohol, of aan 'n kosvergryping nie.



My verslawing … my keuse van 'n dwelm … was voorwaar 'n wonderwerk. Terwyl ek depressief was en gesteier het onder die pyn van verpletterde hoop, onbeantwoorde gebede en 'n liggaam wat my verraai het, het ek verslaaf geraak aan die Woord van God.



Gedurende daardie donker dae, het die Bybel 'n bron van vreugde en lig geword.



Gedurende die lang nagte van hopeloosheid, het die Woord van God oor beloftes en doel met my gepraat.



Gedurende maande van moedeloosheid, was die Bybel 'n stem van bemoediging en seën.



My arms was steeds leeg, maar my hart was vol. My gebede was steeds onbeantwoord, maar ek het op Hom verlief geraak … oor en oor en oor.



Ek het deur elke donker dag van depressie gegaan om Jesus te leer ken soos ek Hom nou ken.



Ek sal weer deur die vallei van onvrugbaarheid en teleurstelling stap om die uitdagende, vreugdevolle vrou te word wat ek vandag is.



Vreugdevolle Gedagte om te Oordink: As daar inderdaad vreugde in sy teenwoordigheid te vinde is, waarom sukkel so baie gelowiges dan om in 'n plek van vreugde te bly?
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Joy For All Seasons

Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ont...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.carolmcleodministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid