Leesplan inligting

Die vrede van Kersfees Voorbeeld

Die vrede van Kersfees

DAG 7 VAN 7

Wees stil

As volgelinge van Jesus Christus is dit ’n belediging vir God en ’n swak belydenis vir die wêreld as ek en jy angstig raak. Die Bybel sê in Filippense 4:6 NLV: “Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen.”

Dit is nie nou die tyd vir defektiewe, oneffektiewe geloof nie. Dit is nou die tyd om te begin opkyk boontoe en nie so baie na binne nie. Ons moet onsself oorgee in die hande van ’n liefdevolle Vader. Dit is sy vrede wat ons sal bewaar. God is almagtig. Hy is in beheer. Ons kan al ons probleme en vrese aan Hom oorgee.

Onthou altyd dat God oor die hele skepping heers. Hy is wys en liefdevol. Ek en jy moet dankbaar wees, want wanneer ons dankbaar is, bring dit vrede in ons hart. Moenie vandag God se optrede bevraagteken nie. Onthou eerder dat Hy binnekort terugkom om ons huis toe te neem na Hom toe, maar tot dan moet ons ons oë op Jesus, die Begin en Voleinder van ons geloof, gevestig hou. Daar is niks om voor bang te wees nie – Jesus is in beheer.

Hierdie oordenkings in saamgestel uit ALLES WAT EK NODIG HET deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Die vrede van Kersfees

Ons dink aan die Kind, die Seun van God, wat uit die hemel gekom het om vir ons vrede en verlossing te bring. Dit is waaroor Christenskap gaan, veral tydens die Kerstyd. Dit is nou die tyd om die Kind van Vrede te verhee...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid